Seniors

Seniorbediening “VINTAGE” is nie vir ou mense nie maar wel vir senior persone 65 jaar en ouer wat nie meer in ‘n voltydse beroep staan en/of afgetree is.  Aftrede is een van die grootste gebeurtenisse in enigeen se lewe en daarom is dit belangrik dat jy by jou portuurgroep inskakel en betrokke raak sodat jy ‘n plek kan beleef van omgee, waar jy tuis kan voel en jou potensiaal wat God jou gegee het kan uitleef.  VINTAGE vennote is jonk van gees en het bedags tyd om met hul portuurgroep te spandeer deur sosiaal te verkeer, oor relevante lewensfase kwessies te gesels en saam geestelik te groei.  Ons het weeklikse saamkomste, kwartaalikse funksies en jaarlikse afsluitings

Kontak Informasie

Nadia Gouws

Praat met Ons