POPUP

PopUp (People Upliftment Programme) is ‘n nie-winsgewende organisasie met ‘n holistiese benadering tot die opheffing van minderbevoorregte gemeenskappe.

Hierdie vaardigheidsopleiding en –ontwikkeling sentrum fokus daarop om individue te bemagtig deur die bevordering van entrepeneurskap. Mense kry die geleentheid om vaardigheid aan te leer in ‘n omgewing wat nie net op die vaardigheid fokus nie, maar fokus op ‘n ontmoeting met die Here.

Die vaardigheidsopleiding duur tussen 2 – 24 weke. Leerders word toegerus met praktiese vaardighede soos kommunikasie en tydsbestuur en word geleer dat hulle ‘n lewensdoel het. Deur hierdie doel te besef, betree hulle die samelewing as veranderde mense wat ‘n verskil in hul gemeenskap kan maak.

Kontak Informasie

ZABETH DE BEER

Praat met Ons