Familie Projekte

‘n Beroep op vennote om betrokke te raak om sodoende lewens te impakteer en verander

Die City Changers Foundation verteenwoordig die onderskeie projekte binne die Doxa Deo Familie. Die Foundation is geskep om die Doxa Deo Familie in staat te stel om ons God-gegewe roeping uit te voer om stede te verander na plekke waar Hy regeer. Die Foundation skep vennootskappe en verkry befondsing vir bedienings en projekte binne die Doxa Deo Familie. Die Here het aan ons uitsonderlike geleenthede gebied om ‘n impak op ons stede te hê, met soveel lewens wat ons nog moet aanraak. Die City Changers Foundation help ons Familie om hierdie doelwit te bereik!

Een van die grootste voordele van betrokkenheid by die Foundation, is ‘n bewuswording van die vele oorwinnings en wonderwerke wat God in mense se lewens bewerkstellig deur Doxa Deo. Kliek hier vir die skakel na ons jongste uitgawe van City Changers – ‘n spesiale publikasie  wat jou ‘n flitsbeeld gee van al God se aktiwiteite deur middel van die Doxa Deo Familie oor drie verskillende kontinente heen.

As jy hierdie passie vir stadstransformasie deel en wéét dat jy meer intensioneel betrokke wil wees, nooi ons jou uit om in vennootskap met ons te gaan. Dit is jou geleentheid om, saam met ander City Changers, die bevredigende ervaring te geniet om hierdie waardevolle werk vir die Koninkryk van God te doen.

Praat met Ons