Kindertoewyding

“Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.”

Mark 10:14

Dis vir ons ‘n groot voorreg om deel van jou kind se kindertoewyding te wees en ons wil die geleentheid vir jou so spesiaal as moontlik maak.

Die kindertoewydingsproses werk soos volg:

  • Vul asb ‘n aansoekvorm in of registreer aanlyn om jou kind die betrokke Sondag toe te wy – daar is ongelukkig beperkte plek per Kindertoewyding beskikbaar.
  • Jou kind se naam word dan vir ‘n paar vennote gestuur wat vir elke ouerpaar en kind intree.
  • Ouers woon ‘n ouergesprek by wat die voorafgaande Sondagmiddag 16h00 (albei ouers) en die Donderdagaand (slegs pa’s) om 19:00 plaasvind waar die doel van Kindertoewyding bespreek word.
  • Die inseëngeleentheid vind Sondagoggend aan die begin van die feesdiens plaas wanneer kinders aan die vennote voorgestel word. Kinders, ouers en naby familie beweeg dan uit die feesdiens na ‘n ander lokaal waar daar vir hulle Woord gegee word en oor hulle gebid word. Die res van die gaste bly in die feesdiens agter en almal is gelyke tyd klaar om saam huistoe te gaan.  (Hou die kalender dop vir die volgende Toewydingsdatum)

Kontak Informasie

Praat met Ons