Meer Oor

Faerie Glen

Kampus

WAT LEEF IN DIE HART
VAN DOXA DEO

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons noem hulle ‘ City Changers’ wat hulle God ken en Mense liefhet en hulle Wêreld impakteer met die waarheid van Jesus.

(Knowing God, Loving People, Impacting my World)

Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.

Doxa Deo, ons is ‘n Familie op Missie!!!

Waar en Wanneer

OUDITORIUM  | 08:00, 09:30 & 18:00

AANLYN KERK | Sien ons YouTube kanaal / Sien “Kyk Aanlyn” knoppie

Sondag Dienstye

Oggenddienste

08:00

09:30

AANDDIENSTE

18:00

Hoe word ek deel?

Hoekom Vennootskap?

Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners van ons dienste om in te skakel by die verhoudings en aktiwiteite en missie van ons gemeente. Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus bv ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korinthiërs 3:9 dat ons mederwerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan. Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld.

Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd en ons energie en ons finansies die Here se koninkryk vestig orals waar ons funksioneer.

Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.

Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus strek te maak.

Belegging:
Ons wend ons finansiele vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.

Hoe word ek 'n Vennoot?

Kontak ons as jy wil inskakel by ons Nuwe Vennote proses. Daarna vat ons jou graag na ons dissipelskap prosesse sodat jy jou plek in die liggaaam van Jesus kan vind en jou roeping so saam met ons uitleef.

Kontak Ariana van der Westhuizen

012 991 3883 of [email protected]
om in te skakel.

Oor Ons Personeel

Kerk is soveel meer as ‘n diens oor ‘n naweek. Vir ons is dit oor ‘n verbinding met ander
mense, groei in jou geloof, en die bou van ‘n sterk fondasie vir jou gesin. Die missie van elke personeellid by Doxa Deo is om te sien hoe elke mens wat in Jesus glo, deel uitmaak van ‘n gesin, besig om dissipels te maak, en te bou aan God se Koninkryk.

Ons Span

Etienne Trollope

Kampus Pastoor | Besigheidsbediening | Huwelike | Kindertoewyding

ZABETH DE BEER

Kampus Bestuurder | Projekte | Life Centre

Henning van Der Walt

Groeplewe | Bedieningsleier |TREE Koördineerder | Movement Manne Bediening

Martené Welthagen

Doxa Deo Kids | Cherish Moms | Seniors

Vandré Swart

Young Adults | Aanddiensleier

Danu Bothma

Aanbiddingsleier | Intersessie | Nuwe Lewe

Chanté Viljoen

Fusion Tiener Bediening | TREE Jeugwerker

Brandon Bean

Tegniese Hoof | Grafiese Ontwerper

Ariana van der Westhuizen

Ondersteuning vir Etienne Trollope |Besigheidsbediening | Huwelike

Alma Fabricius

Ondersteuning vir Kampus Bestuurder | Projekte | Aanbidding | Intersessie

Ursula Naudé

Ondersteuning vir Cherish | Equipping | Life Centre

Elaine Grobler

Ondersteuning vir Young Adults | Doxa Deo Kids | Vintage | Seniors

Michéle Britz

Ondersteuning vir Kindertoewyding | Doop

Marli Mulder

Kommunikasie

Jean du Toit

Terreinbestuurder

Caro Alberts

TREE Jeugwerker

Juanita Schulz

Ondersteuning vir Movement Manne | TREE (Familie)

Monique Roos

Connect Café

JESSICA COETZEE

TREE Jeugwerker

Praat met Ons