Groeplewe

Groeplewe maak dat kerklewe meer word as net Sondag Feesdienste. Dit skep die geleentheid om betekenisvolle verhoudinge aan te knoop, ondersteuning aan mekaar te gee en om geestelik te groei. God het ons gemaak om lewe met mekaar te deel en daarom wil ons jou aanmoedig om betrokke te raak by ‘n kleingroep.

Daar is ‘n verskeidenheid van kleingroepe waarby jy betrokke kan raak – getroudes, enkellopendes, manne, vroue, jong volwassenes ens. Die kleingroepe kom weekliks bymekaar om lewe en vriendskap te deel, saam tyd in die Here se teenwoordigheid te spandeer en mekaar te bedien.

Maak vandag nog die besluit om deel te word van ‘n kleingroep. Dit sal jou lewe verander.

Kontak Informasie

NEIL VAN WYK

Praat met Ons