MoveMENt

“…that we may present every man complete in Christ.”

Col 1:28

As mans is ons passievol om ‘n blywende verskil in ons huisgesinne, gemeenskap en stad teweeg te bring. Ons begeer om op alle terreine mans na God se hart te wees.

Van die geleenthede wat ons aanbied:

MoveMENt Oggende:

Ons nooi alle manne uit – jonk en oud – om saam met ons ’n pad van geestelike verdieping te stap by ons MOVEMENT MANNE SELGROEPE op Donderdagoggende – ’n Geleentheid om saam met ander gelowige manne te groei in jou verhouding met God.

In ’n wêreld vol eise en afleidings is dit noodsaaklik om tyd opsy te sit vir God se Woord en vir gemeenskap met ander gelowiges. Elke week delf ons saam in die Skrif, ontdek God se plan vir ons as mans, leiers, vaders en vriende, en ondersteun mekaar in gebed en waarheid.

Hier is ruimte vir eerlike gesprek, geestelike uitdagings en inspirasie. Of jy onervare is op jou geloofspad of al jare lank die pad met God stap, hierdie groep is vir jou. Jy hoef nie alles te weet nie – net ’n hart wat bereid is om te leer en te groei. Kom ervaar die krag van ware gemeenskap wat gesentreer is rondom Christus. Kom ervaar die krag van kameraadskap en geestelike groei – elke Donderdagoggend, om 05h45 – 07h00 in Connect Café.

Bring jou Bybel, bring ’n vriend – en bring ’n verwagting om God opnuut te ontmoet!


MOVEMENT MANNE-AANDE:

MOVEMENT MANNE-AANDE is hoogtepunt aande volgepak met inspirasie, geloof en saamkuier as manne! Hierdie geleenthede skop vroegaand af met die aansteek van ‘n braaivuur waarop iets eg Suid-Afrikaans voorberei word om saam te geniet. Ons skep geleentheid vir manne uit alle generasies om te kom saamkuier en nuwe kennisse te maak, in ’n ontspanne en verwelkomende atmosfeer.

Hierna beweeg ons oor na die hart van die aand, naamlik bediening. Ons sprekers word intensioneel met gebed gekies. Wees verseker van ʼn dinamiese en inspirerende spreker wat sal deel vanuit ʼn persoonlike geloofsreis met God se genade en leiding, waarvan die resultaat ‘n plek van oorwinning en doelgedrewe impak in ‘n uitdagende wêreld is.

MOVEMENT MANNEAANDE skep ruimte om geestelik te herlaai, nuwe perspektiewe te verkry en te groei in geloof, om standvastige steunpilare te wees as manne van God – by die huis, in die werksplek en in ons gemeenskappe. Jy sal verseker deur hierdie geleenthede versterk, bemoedig en aangevuur word om God se doel met jou lewe te gaan uitleef!


MOVEMENT MANNEKAMP:

Om God te beleef in die stilte van die natuur, is ‘n ervaring met geen gelyke! Die jaarlikse MOVEMENT MANNEKAMP skep so ʼn lewensveranderende ervaring weg van die huis, waar manne nader aan God beweeg deur geestelike verdieping, inspirerende sessies, lofprysing en rus in die natuur.

Met impakvolle sprekers, kleingroepgesprekke en tyd vir persoonlike refleksie, is hierdie kamp die ideale geleentheid om opnuut te ontdek wie jy in Christus is en ʼn nuwe perspektief op jou geloof te ontvang. Genoeg tyd word opsy gesit vir ontspanning, spanaktiwiteite, stap en laataand kampvuur-kuiers! Manne julle wil dit nie misloop nie!

Kontak Informasie

HENNING VAN DER WALT

Praat met Ons