MoveMENt

“…that we may present every man complete in Christ.”

Col 1:28

As mans is ons passievol om ‘n blywende verskil in ons huisgesinne, gemeenskap en stad teweeg te bring. Ons begeer om op alle terreine mans na God se hart te wees.

Van die geleenthede wat ons aanbied:

  • MoveMENt Oggende: Mans het Goddelike vriende en mentors nodig. Ons kuier Donderdae oggende vanaf 5:45 – 7:00 saam by Doxa Deo Faerie Glen om mekaar aan te spoor en te bemoedig.
  • Manne Aande: Sprekers praat op die man af oor onderwerpe wat ons na aan die hart lê. Ons maak tyd vir aanbidding, Woord, kuier en leer mekaar beter ken.
  • Manne Kampe: ‘n Geleentheid om vir ‘n paar dae tot stilstand te kom en te hoor wat op die Here se hart is vir jou. Kom “connect” met ander mans om ‘n vuur met die geur van braaivleis.
  • Kingsman: Vir die manne bo 35 het ons hierdie 6 maande proses waar ons kyk na die rol wat manne speel in hulle gesin, gemeente en gemeenskap.
  • Uitreik Geleenthede: Ons leef nie net vir onsself, maar vir die groter gemeenskap.

Kontak Informasie

NEIL VAN WYK

Praat met Ons