Doop

ONS GLO … in die doop van gelowiges deur onderdompeling as ’n stap van gehoorsaamheid aan die opdrag van die Here en dat dit volg op die ervaring van wedergeboorte. Ons erken dat daar ’n geestelike misterie rondom die simboliese gebeurtenis van die doop is, die geloofshandeling waarin ons met die dood en opstanding van Jesus Christus identifiseer. Dit is ’n gebeurtenis wat verwys na ons reg tot ons erfenis in Christus, waardeur ons ’n rein gewete voor God vra deur gebed.

“Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: Doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees…”

Matteus 28:19

Die doop vind plaas op ‘ n Sondag tydens een van die feesdienste maar voordat jy gedoop word, word jy genooi na ‘n doopgesprek waar al die vrae rondom doop hanteer word.

(Kyk in die kalender wanneer is die volgende Doop geleentheid)

Kontak Informasie

Praat met Ons