Cherish
Nurture
Love
Inspire
Ons is opgewonde vir 2025 hier by Cherish Vroue bediening. Daar is weeklikse geleenthede wat gebeur sowel as geleenthede wat per kwartaal gebeur. En jy is genooi om deel te raak!!
Cherish Vroue Bediening het ‘n begeerte om vrouens in elke lewensfase en van alle ouderdomme te bedien en bemagtig. Dit is ons begeerte dat elke vrou sal besef dat die Here jou koester en baie lief het; en dat jy geestelik sal groei terwyl ons saam vriendskap en vreugde sal beleef.
“God chose you out of all the people on Earth as His cherished personal treasure.”
Deuteronomy 14:2
Cherish
EVENTS:
Elke kwartaal is daar ‘n Cherish Event. Dit neem die vorm aan van ‘n Vroue aand gewoonlik, maar kan ook ‘n konferensie of ander geleentheid wees.
Cherish
JOURNEY (MENTORING):
Ons nooi jou graag uit om deel te raak van ons Cherish JOURNEY. Dit is 9 maande van dissipelskap waar almal een keer ‘n maand by die kampus bymekaar kom. Dit vind plaas Dinsdagaande 19:00. Jy word ingedeel in ‘n kleingroep wat die jaar saam journey.
Cherish
WORD: Oggende
Op Donderdagoggende is daar ‘n geleentheid vir vroue om met mekaar te CONNECT rondom die Woord en die alledaagse lewe.
Verskeie sprekers sal elke week ‘n inspirerende boodskap bring.
Kom geniet ‘n koppie koffie en ‘n tyd van waardevolle inspraak saam met ons!
Elke Donderdag, 08:00 – 09:00, gedurende skoolkwartale.
Cherish
WORD Bybelstudie
Elke kwartaal word ‘n 8-weke bybelstudie aangebied.
Jy kan ons kalender dophou vir komende gebeurtenisse.
Cherish
MOMS:
Elke week op ‘n Woensdagoggend 09:30 – 11:00, kom die MOMS groep bymekaar by die kampus. Hierdie groep is spesifiek vir ma’s met babas of kleuters. As jy op kraamverlof is – is jy ook baie welkom! Kontak vir Elmarie Steyn by [email protected]
Cherish
LIFE:
Ons reik uit na verskeie projekte en bring sodoende hoop en liefde na ons gemeenskap.
Cherish
SPAN:
Elke deel van Cherish het geleentheid vir vroue om deel te raak van die span. Ons het kleingroepleiers, dekor span, events span, gasvryheidspan, tegniese span, MOMS leiers, bybelstudie leiers, ens. Kom leef jou gawes en talente uit saam met ons – en leer ander vroue in ons gemeente ken! Dit sal amazing wees om jou deel te hê! Laat weet my asb as jy wil deel raak.
Cherish
Kom leef jou passie en gawes uit by
Kontak Informasie
ISKA TROLLOPE