Cherish
Nurture
Love
Inspire
Cherish Vroue Bediening het ‘n begeerte om vrouens in elke lewensfase en van alle ouderdomme te bedien en bemagtig. Dit is ons begeerte dat elke vrou sal besef dat die Here jou koester en baie lief het; en dat jy geestelik sal groei terwyl ons saam vriendskap en vreugde sal beleef.
“God chose you out of all the people on Earth as His cherished personal treasure.”
Deuteronomy 14:2
Cherish
EVENTS:
Tydens ons Cherish events kan jy kom ontspan, saam met vriendinne kuier en tyd in aanbidding en die Woord spandeer. Datums vir 2022 is: Dinsdagaand 1 Februarie, Dinsdagaand 19 April, Saterdag 13 Augustus en Dinsdagaand 25 Oktober.
Cherish
WORD:
Elke kwartaal is daar ‘n Cherish Word Bybelstudie op Dinsdae. Daar is ‘n in-persoon oggendgroep, in-persoon aandgroep en aanlyn aandgroep om van te kies.
– Elijah van Pricilla Shirer is ‘n 7-weke studie wat op 8 Februarie begin.
– Colourful Living (Doxa Deo) is ‘n 7-weke studie wat op Dinsdag 3 Mei begin.
Cherish
CONNECT:
Elke week kuier hierdie groep rondom die Woord op Donderdae (08:00 – 09:00) by die kampus.
Cherish
MOMS:
Weekliks is daar ‘n groep vir ma’s met baba’s en kleuters op Woensdagoggende om 09:30.
Cherish
LIFE:
Ons wil graag die behoeftes in ons gemeente aanspreek, daarom reik ons uit na ons kinderhuis en ander projekte. Ons verskaf ook benodigdhede aan behoeftige kinders by Cemetry View.
Cherish
RADIANCE:
Dit is ‘n unieke jaarlange kursus vir studente vroue en jong volwasse vroue tussen die ouderdom 18-30 jaar. Ons bespreek onder andere identiteit, roeping, verhoudings en nog vele meer.
Cherish
SPAN:
Daar is ook geleentheid om betrokke te raak deur te dien op een van die spanne by Cherish. Daar is event span, groepleiers, gebedspan, bedieningspan, tegniese span, gasvryheidspan, dekor, ensovoorts.
Cherish
Kom leef jou passie en gawes uit by
Kontak Informasie
CAROL-ANNE VAN LOGGERENBERG