Fusion

By Fusion sal die aanbidding, Woord en die atmosfeer jou inspireer. Ons maak ook seker dat elke tiener in ‘n kleingroep ingeskakel word, sodat jy ‘n pad kan stap met ‘n groepleier en kan verhouding bou met ander in jou ouderdom.

As jy tussen die ouderdomme van 13 en 18 is, is Fusion net die plek vir jou waar jy gaan tuis voel met ander tieners wat saam Jesus volg.

Ons vertrou die Here om te sien dat jong mense in hul roeping staan en hierdie stad verander deur hul invloed. Mag die jeug veroorsaak dat ons stad verander na ‘n plek waar God se heerskappy orals sigbaar is.

Ons het Fusion Word Sondae oggende en Fusion @Night Sondae om 18:00 waar jy kan in skakel.

Kontak Informasie

VANDRÈ SWART

Praat met Ons