Die rede vir Doxa Deo Life Centre se bestaan is tweeledig: Aan die een kant is die Life Centre daar om venote van Doxa Deo wat uitdagings in hulle lewe beleef, te ondersteun en te begelei tot genesing. Aan die ander kant bied die Life Centre ‘n geleentheid om uit te reik na mense buite die kerk, wat nie meer weet waar om antwoorde te kry nie.
Die Life Centre beskik oor ‘n span opgeleide beraders, coaches en terapeute wat hulleself beskikbaar gestel het om die mense wat deur die Life Centre verwys word, te bedien. Daar is ook talle mense wat as ondersteuners opgelei is om mense by te staan wat deur ‘n moeilike tyd gaan.