SOLO

Solo is ons enkellopende bediening

Doxa Deo Raslouw Kampus  se ‘Solo’-Bediening is ‘n belangegroep wat daargestel is om ‘n gemeenskaplike omgewing te skep waar enkellopendes saam aan aktiwiteite en kleingroepe kan deelneem.

Die doel is om op geestelike vlak, sowel as op sosiale vlak, met mekaar te kan tyd spandeer en saam ‘n pad te kan stap. Ons enkellopendes is manne en vroue wat ‘n passie het vir God en wat in hierdie seisoen van enkel-wees ‘n impak in hulle leefwêreld wil maak.

Doxa Deo Raslouw Kampus  se ‘Solo’ Bediening is ‘n belangegroep wat daargestel is om ‘n gemeenskaplike omgewing te skep waar geskeide enkellopendes saam aan sosiale aktiwiteite en geestelike kleingroepe kan deelneem

Die doel is om op geestelike vlak, sowel as op sosiale vlak, met mekaar te kan tyd spandeer en saam ‘n pad te kan stap.

Sodoende wil ons ’n omgewing skep waar ons ’Solos’ hulle volle potensiaal kan bereik. Binne so ’n gesonde milieu kan bedieninge en gawes ontdek word en die lewens van ander sodoende aangeraak word. Deelname aan ons Solo Selgroepe (kleingroepe) is imperatief twv geestelike groei en impak.

Kinders is altyd welkom by ons byeenkomste.

Kontak Ons

Praat met Ons