HOPE (Help Our People Eat) is Doxa Deo se versorgingsprogram waardeur aktiewe lidmate van Doxa Deo wat finansiële uitdagings beleef, gehelp en ondersteun word. Die nood is meer gedurende die Covid-19 en daarom vra ons dat jy ons sal help om ander te help in nood.
Kruideniersware word aan gesinne verskaf en gebedsondersteuning word aangebied. Ons bied ook finansiële begeleiding indien nodig.
Hierdie is ‘n uitstekende geleentheid vir jou om vrygewig te wees en te bedien!
Vir meer inligting, of om jou hulp aan te bied skakel vir Loraine 082 852 6929