Fusion

Hierdie is wie ons is :

Ons weet waar ons identiteit lê

Ons gee om vir
mekaar

Ons impakteer ons omgewing

Die Hart van Fusion

By Fusion is dit ons begeerte om te sien dat elke tiener wat deur ons deure kom, God sal ontdek en Hom binne-in hul harte en lewens sal beleef. Daarom is ons passievol oor ons skole en ook oor alles wat op ‘n Donderdag en ‘n Sondag by Fusion gebeur.  Ons praat onder andere met die tieners oor God, wie Hy in jou is, dat Hy die wêreld deur jou wil impakteer en soveel meer… 

Deur persoonlike mentorskap, stap ons ‘n pad saam met elke tiener om hulle te begelei in hul persoonlike verhouding met God en hul medemens. Fusion vorm ‘n baie belangrike deel van die groter Raslouw Kampus en daarom behandel ons dieselfde temas as wat die volwassenes tydens die oggenddienste behandel, net op ‘n tiener-relevante vlak.

Ons hart is om ‘n generasie te sien groei met ‘n passie vir God se Woord en Sy beloftes, ‘n liefde vir alle mense en die kerk, asook ‘n brandende begeerte om ‘n impak te maak deur ‘n God-gesentreërde leefstyl en mentaliteit, waar hulle ookal mag gaan. Ons glo in die waarde van groepslewe, dissipelskap asook ‘n gebedskultuur waarin elke tiener die geleentheid kry om te groei as individu in sy identiteit en verhouding met Jesus.

By mekaar kom tye:

Fusion@Night

By Fusion@Night is dit ons nommer een prioriteit om elke tiener te bedien met die Woord. Ons skep ‘n veilige plek waar tieners God se teenvoordigheid kan beleef.

Ons kom elke Donderdag aand om 18:30 bymekaar

Fusion Conversations

Fusion Conversations is ‘n plek waar tieners kan kom om dieper in die Woord te delf. Hier het ons diep, betekenisvolle gesprekke. 

Ons kom elke Sondag tydens die oggenddiens bymekaar

08:30

Kom leef jou passie uit

As jy ‘n hart het vir jong mense en jy wil graag betrokke raak by ons tienerbediening,
word jy uitgenooi om die kontak vorm hier onder in te vul.

As jy enige navrae het rakende ons tienerbediening voel vry om ook die kontak vorm in te vul

Kontak Ons

Praat met Ons