Kids

Visie

Om God te sien regeer in 12 stede

Missie

Deur mense en die samelewing te verander.

Slogan

“Raising City Changers”

Bedieningsgroepe

2 – 7 JAAR

By Doxa Deo Kids poog ons om elke kind op sy vlak te bedien. Ons besef dat ons besig is om hierdie kinders se konsepte oor God en Sy kerk te vorm en daarom wil ons hulle help om God en Sy hart op ‘n prettige manier te leer ken. Ons leer hulle op ‘n kreatiewe manier om die Bybel relevant in hulle lewens te maak.

Ons passievolle personeel beskou dit as hulle roeping om die kinders weekliks vanuit ons vooraf uitgewerkte kurrikulum te bedien.

GRAAD 2-5

Ons gebruik baie pret en speletjies waar ons fokus op God se liefde en genade. Ons spandeer ook lekker tyd in kleingroepe waar die kinders gesels oor hoe die kerngedagte prakties in hul lewens lyk. Dit is vir ons belangrik dat kinders op hierdie ouderdom sal leer hoe om mense lief te hê soos wat God ons liefhet en mense sal bedien vanuit daardie perspektief.

Ons begeerte is ook dat dit wat op ñ Sondag gebeur nie die enigste plek sal wees waar hulle die boodskap hoor nie, maar dat dit in die week by die huis ook ge-eggo sal word. Ons wil graag ons gesinne bemagtig om die boodskap wat weekliks by die kinderkerk geleer word, verder te kan vat en ook by die huis dieper daarin te delf. Ons wil graag optimale invloed in ons volgende generasie bewerkstellig.

GRAAD 6 – 7

Ons besef dat Graad 6&7 kinders op so ‘n belangrike plek in hul ontwikkeling is dat ons nie anders kan as om hulle apart te bedien vir hulle spesifieke behoeftes nie. Ons weet dat hierdie ouderdom kind aan die beginpunt staan van sy soeke na die antwoord vir die vraag “Wie is ek?”.

Daarom fokus ons intensioneel by ons graad 6&7 bediening op identiteit. Ons aanbieding is ook van so aard dat ons kinders wil help om die Waarheid vir hulself te ontdek, daarom bied ons ons lesse op ‘n interaktiewe, “pre-teen” relevante, prettige manier aan. Wanneer jou graad 7 kind die volgende fase van sy lewe naamlik “tiener” betree wil ons hê hulle moet die volgende weet: Ek weet wie God is en ek weet wie ek is, daarom kan ek ‘n verskil in my leefwêreld gaan maak.

Registrasie

Jou kind se veiligheid is vir ons baie belangrik, daarom verwag ons van ons ouers om elke jaar ñ nuwe registrasievorm in te vul, ter wille van korrekte inligting en vrywaringsvorm wat jaarliks geteken moet word.

Kyk uit vir ons Doxa Deo Kids registrasiearea waar kinders elke week kan registreer en hul plakkers ontvang. Elke kind sal 2 plakkers ontvang, een word op hulle geplak en die ander word aan die ouer gegee. Let op dat slegs ouers met plakkers toegelaat sal word om kinders af te haal by hulle klasse na afloop van die diens. Hierdie proses is ter wille van jou kinders se veiligheid.

Personeel

Verhoudings is vir ons ontsettend belangrik, daarom het ons passievolle leiers wat lief is vir die Here, wat as mentors optree en weekliks ñ inspraak lewer in ons kinders se lewe. Dis vir ons belangrik dat ons kinders onvoorwaardelik geliefd en welkom sal voel hier by Doxa Deo Kids

Kom leef jou passie uit

By die kinderbediening bied ons ook geleenthede aan mense met ‘n passie vir kinders om hulle bediening een  tot twee keer per maand te kom uitleef. Raak deel van ons kinderbediening deur verskeie manière. 

Kontak Anneke vir meer inligting by [email protected] of vul die “Kontak My” vorm hier onder in.

 

Kontak My

Praat met Ons