Young

Adults

Die Young Adult-groep van Doxa Deo Raslouw Kampus bestaan uit enige finale jaar studente, ongetroudes en jong werkendes. Dis ’n heerlike kuierplek waar ons saam nuwe dinge in God se Woord ontdek.

Die Young Adults vorm deel van die groter kampus. Een van ons bymekaarkom geleenthede is op ‘n Sondagaand om 18:00, gedurende ons aanddiens. Na afloop van die diens is daar geleentheid om lekker saam te kuier en nuwe vriende te maak.

Ons glo dat God al die Young Adults van die stad wil bereik. Sodoende sal ons sien hoe God se koninkryk gevestig word in die stad. Die leiers speel ‘n belangrike rol om die Young Adults te help om “City Changers” te wees. Hulle funksie is meestal gefokus op dissipelskap en die reёl van byeenkomste waar community-bou die fokus is.

Fokus areas gedurende die jaar

Socials

Een keer per maand is daar ‘n lekker social en dit word ook in detail op Raslouw Kampus se Facebook blad geadverteer. Dit is ‘n ideale geleentheid om nuwe vriende saam te nooi. Daar is ook ‘n paar kampe om na uit te sien… Hou die Raslouw Kampus Facebook blad dop

Gebed

Ons het ‘n passie vir gebed by die Young Adults.  Elke Sondag vanaf 17:00 word daar saam gebid voor die diens begin. Ons het ook ‘n kwartaalikse gebedsfokus wat regtig lewens verander en ‘n impak in hierdie stad maak.

Groepe

Op Woensdagaande kom al die Young Adults bymekaar Groeplewe waar ons fokus is om saam te groei in ons verhouding met God en met mekaar. Elke groep bestaan uit tussen 3-8 mense wat saam kuier om die Woord van God en inspraak gee in mekaar se lewens.  Dit is ook ‘n plek waar almal mekaar beter leer ken en so die pad van geloof saam aanpak.

Bymekaar kom tye

Woensdae

Woensdae aande om 19:00 vir Groepslewe

Sondae

Sondae aande 18:00 kom ons by ons aanddiens by mekaar.

Kontak Ons

Praat met Ons