Welkom by Doxa Deo Raslouw Kampus
Doxa Deo Raslouw, soos die hele Doxa Deo Familie, droom daaroor dat ons stad getransformeer sal word na ‘n plek waar God regeer. Ons glo dat elke persoon wat deel vorm van ons kampus, geroep is om nie net ‘n vennoot van Doxa Deo te wees nie, maar ‘n wesenlike verskil in ons pragtige stad sal maak.
Ons samelewing word basies in agt sfere verdeel: Kerk, Media, Kunste, Opvoedkunde, Sport, Sosiale Dienste, Sakewêreld en Regering. Ons wil graag deur ons Sondagdienste, selgroepe asook die talle kursusse en geleenthede wat weekliks aangebied word, vir elke vennoot die platvorm skep om ten volle toegerus te word om ‘n “City Changer” in sy/haar sfeer van invloed te wees.
Dienstye:
8:00 | 9:15 | 18:00
Sondag Dienste
Ons is ‘n unieke gemeente in die opsig dat ons drie dienste op ‘n Sondag hou wat intensioneel op verskillende groepe fokus. Ons het twee oggenddienste, waarvan die eerste Afrikaans is en die tweede een Engels is. Ons oggenddienste is veral gewild onder gesinne met kinders asook ouer mense, terwyl ons aanddiens meestal deur jong volwassenes bygewoon word.
This is custom heading element
Sondae het ons 2 dienste op ons Facebook en YouTube blad.
- Afrikaanse Diens – 8:30 met kinderbediening, 2-7 jaar, Gr. 2-5, Gr. 6 & 7 en Fusion (Gr. 8-12).
- Engelse Diens – 10:15 met kinderbediening, 2-7 jaar, Gr. 2-5, Gr. 6 & 7 en Fusion (Gr. 8-12).
Wat Om Te Verwag
Ons is ‘n gemeente waar volwassenes, jong volwassenes, tieners en kinders met volle oorgawe ontdek wie ons in God is en waaroor die lewe werklik gaan. Ons is ‘n gemeente wat graag met mekaar die lewe deel, daarom is dit ook belangrik om by ‘n groep in te skakel. Ons het ‘n passie vir God, ‘n passie om te sien hoe God in en deur mense werk en ons het ‘n passie vir hierdie mooi stad.
Hoe word ek 'n lidmaat?
Dit is vir ons belangrik dat jy nie net ‘n gereelde besoeker sal wees by Raslouw Kampus nie, maar dat jy deel sal word van die gemeente en jou plek in die liggaam van Christus sal vind.
Elke lidmaat registreer op ons ChurchSuite sisteem om meer te weet van ons kalender-gebeure, om met ander lidmate te kommunikeer, belangrike kommunikasie te ontvang vanuit die Kampus en om deel te raak van ons groeplewe. Klik op die ChurchSuite Logo hieronder en voltooi die vorm om te registreer
Hoekom Vennootskap?
Oor Ons Personeel
Doxa Deo personeel is passievol oor God en oor mense en stel dit ten doel om met oorgawe en passie te dien. Kerk is soveel meer as ‘n diens gedurende die naweek. Dit gaan, onder andere, oor ‘n noue verbinding met mense, groei in geloof, en die bou van ‘n sterk fondasie vir gesinne.
Kampus Personeel
Jaco & Mariette Schutte
.
Bennie & Welna Buys
Luwellen & Elaine Wenaar
Jan Henning
Henri & Izelle Stander
Anneke & Wesley Rabie
Pierre & Mia Lotter
.