H.O.P.E

HELP OUR PEOPLE EAT

HOPE (Help Our People Eat) is Doxa Deo se versorgingsprogram waardeur aktiewe lidmate van Doxa Deo wat finansiële uitdagings beleef, gehelp en ondersteun word. Die nood is meer gedurende die Covid-19 en daarom vra ons dat jy ons sal help om ander te help in nood.

Kruideniersware word aan gesinne verskaf en gebedsondersteuning word aangebied.  Ons bied ook finansiële begeleiding indien nodig.

Hierdie is ‘n uitstekende geleentheid vir jou om vrygewig te wees en te bedien!

Hier volg ‘n paar wenke vir noodsaaklike benodighede:

Let asseblief op na die vervaldatum van die produkte.

  • Blikkies Kos – vrugte, groente en vleis (genoeg baked beans)
  • Suiker, tee, koffie, kondensmelk
  • Mieliemeel
  • Melk (boksies) – long life
  • Rys, pasta, “Smash”
  • Sop
  • Sout
  • Tamatiesous
  • Soya mince
  • Sous blokkies (hoender of bees)
  • Konfyt / Bovril / broodsmere
  • Koekies
  • Aanmaak koeldrank
  • Tandepasta, seep, shampoo, Vaseline, deodorant
  • Tandeborsels
  • Waspoeier, Skoonmaakmiddels (jik / Domestos / Sunlight liquid)
  • Olie
  • Waslappe / Afdrooglappe
  • “Self-raising” Meel

Addisionele Items:

  • Baba formule melk
  • Babakos soos bv. Purity / Ryspap
  • Wet wipes

Indien jy verkies om ‘n finansiële donasie te maak, hier is ons bankbesonderhede:

Doxa Deo Raslouw
ABSA [email protected]
Rek: 326 014 1375
Takkode: 632005