Movement

Ons mannebediening (MoveMENt) fokus spesifiek op die unieke uitdagings en geleenthede waarmee manne in ons samelewing gekonfronteer word.  Ons skep weekliks ‘n geleentheid vir manne om deur stories, woord en saamkuier te ontdek wat die grootheid van God se storie in ons lewens kan wees.

Manne groei in :

Egte verhouding
met God

Integriteit

Die impak wat ons in ons leefwêreld maak.

Groeigeleenthede waarvan manne deel kan wees:

Discovery

Hierdie is ‘n 10 maande kursus vir jong ongetroude manne in Bybelse man-wees.

  • Ontdek jou identiteit in Christus
  • Ontdek jou rol as man
  • Ontdek jou roeping en doel wat God vir jou lewe het.
  • Ontdek hoe om gesonde verhoudinge te leef.

Ons volgende “Dicovery” kursus skop weer in Februarie 2024 af.

Kingsman

Hierdie is ‘n program vir getroude manne en vind vind oor ‘n tydperk van 10 maande plaas. Dit gaan oor presies wat dit sê “Die Koning se Manne”. Dit spreek alle fasette van man-wees aan en hoe om in ‘n nog dieper verhouding in al hierdie areas met God te groei.

Kingsman Staptoer 2021

Vir enige ander kommunikasie voel asb vry om die kontak vorm hier onder in te vul: 

Kontak Vorm

Praat met Ons