Oor ons Christmas Wish List van 2021

Met hierdie projek reik ons elke jaar uit na ons gemeenskap gedurende die Kersseisoen – Die seisoen van welwillendheid, omgee en liefde.

Die projekte wat ons hierdie jaar gaan aanpak is die volgende:

  • Laerskool Swartkop waar ons opheffing wil doen in die totale skool. 
  • Rusoord aftree-oord (Kersete en geskenke)
  • 180 Wierdabrug Polisiestasie personeel (Geskenk)
  • Unitas Hospitaal Trauma-eenheid (Geskenk)
  • Raslouw Kampus Terrein Werkers (Kersete en geskenk)
  • Behoeftige pastore in Olievenhoutbosch en Diepsloot (Kersete)
  • Hoofde van skole in ons gemeenskap. 

Jy kan deel van hierdie projek wees deur verskeie maniere

Jou finansiële bydrae (Ons vertrou die Here vir ‘n inkomste van R100 000 wat ons instaat sal stel om al hierdie projekte met impak af te handel.)

Jou fisiese betrokkenheid by een of meer van hierdie projekte waar jy jou tyd en talente inspan tot die sukses van hierdie projek.

Kontak Vorm

Praat met Ons