Word

Toegerus

om verandering te bring in jou omgewing

Doxa Deo wil graag ons vennote inspireer en toerus oppad na volwassenheid in Christus. Die uiteindelike doel van alle opleidingsgeleenthede, is dat transformasie op vele vlakke sal plaasvind.  Mag vennote gevolglik die kwaliteitslewe ervaar wat God vir hulle beoog het toe Hy in Genesis 1:26 gesê het: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers…” Dit word ook bevestig deur die woorde van Jesus toe Hy in Johannes 10:10 gesê het: “…Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”

kursusse

Brooklyn bied elke kwartaal ‘n verskeidenheid van kursusse aan. Gaan na ons Kalender bladsy om ons kursusse te sien of om in te skryf.

1.Dissipleskapprosesse

Grow:

Doxa Deo het ‘n baie groot passie vir mense wat hulle eerste stappe neem in hulle ontdekkingsreis van wie God is. Ons het vir jou ‘n hele proses voorberei om ander mense te begelei met hulle eerste tree van hulle verhouding met die Here.
 

Follow:

6 Weke gerig daarop om spesifieke fokusse deur te werk om jou te help met die volle implikasie van ware dissipelskap en wat dit regtig beteken om Jesus te volg.

Explore:

Elke mense het unieke gawes en talente. Ons help jou by Explore om dit te ontdek en jou plek in die liggaam van Christus te vind. So leef ons elkee ons unieke roeping uit in die Missie van Christus

2.Jaarkursusse

  • Discovery
  • Radiance
  • Journey (Vroue mentorskap)
  • Forged (Manne mentorskap)
  • Lifework Leadership
  • Metamorpho
  • City Changers Equipping Program
  • School Of Divinity
3.Korter Kursusse

Deurlopend in die jaar is daar korter kursusse wat aangebied word wat fokus op geestelike groei. Sien ons KALENDER vir opkomende kursusse.

Praat met Ons