Kids
Doxa Deo Kids is ‘n plek waar kinders net kind kan wees, ‘n plek waar hulle kan speel en lag, maar bowenal ‘n kerk vir die jonger generasie, ‘n plek waar hulle uitdrukking kan gee aan wat hulle van God ervaar soos wat net kinders kan. Ons droom daarvan dat kinders sal opstaan as “City Changers” in hulle huise, skole en gemeenskap.
Bedieningsgroepe
Bediening vind elke Sondag, tydens albei die dienste aan die volgende groepe plaas:
2 – 6 Jaar
Graad 1- 3
Graad 4 – 5
Graad 6 – 7
Kom leef jou passie uit
By die kinderbediening bied ons ook geleenthede aan mense met ‘n passie vir kinders om een tot twee keer per maand hulle lewens te kom deel as aanbieder of as kleingroepleier.
Kontak :
Luan Els by [email protected]