Huwelike

Gesonde huwelike is die hoeksteen van elke samelewing. Ons begeerte is om te sien dat mense ‘n gesonde uitkyk op die Bybelse beginsels van die huwelik sal hê. Ons bied die volgende prosesse en gebeurtenisse vir huwelike aan:

Verloof wat nou?

Jou troudag is een van die grootste oomblike van jou lewe, maar die beste belegging wat jy kan maak is om jou en jou lewensmaat toe te rus vir jou huwelik. Verloof wat Nou?, word agtereenvolgend op ‘n Donderdagaand, Vrydagaand en Saterdagoggend kursus via Zoom aangebied (sodat jy en jou maat van enige plek af kan bywoon).

 

Ons bespeek onder andere: Ken jou maat, Liefdestale, Rolverdeling van die man en vrou, Geldbestuur, Perspektief oor seks, Verskillend geprogrammeer, MBTI, Persoonlikheids-analise, Leaving and Cleaving, Die intensionele dialoog

GETROU

Ons besef dat getroude paartjies ‘n intense behoefte het om met iemand te “connect” oor die huwelik en wat dit behels, maak nie saak in watter fase hulle huwelik is nie!


Ons skep ‘n gesonde platvorm om moeilike vrae te vra en kan te bespreek.

Getrou is ‘n 6 maande dissipelskapsproses (Maart tot September), waar ons saam groei in ons huwelike, en spesifiek saamkuier oor onderwerpe soos kommunikasie en konflik, vertroue en eerlikheid, finansies, intimiteit en toekoms beplanning

Die proses lyk soos volg: ons kom een keer ‘n maand fisies bymekaar en weekliks word inhoud verrkaf wat julle as ‘n paartjie kan saamkyk (en bespreek).  Die kursus sluit ook ‘n heerlike naweek weg in.

Huweliksberading

Wanneer jou huwelik deur ‘n krisis gaan, is dit baie belangrik om die regte hulp te kry. Ons Life Centre bied diskrete, professionele hulp deur spesialiste aan.  

Kontak:

[email protected]

Huwelik stapnaweek

‘n 3-dag avontuur in die Drakensberge saam met jou man/vrou waar ons huwelikbelegging doen & jy saam avontuur deel. Vind in Oktober plaas, beperkte plek beskikbaar.

Huweliks-beleggingsaand

‘n Aand-geleentheid, waar ons spesiale gaste nooi om belegging te maak in jou huwelik. Vind gewoonlik in November maand plaas.

Huweliksmaand - September

Die hele maand van September het ons spesiale fokus op die huwelik

Indien jy enige verdere inligting benodig rakende Huwelike kontak vir: [email protected].

Praat met Ons