Meer Oor
Brooklyn
kampus
WAT LEEF IN DIE HART
VAN DOXA DEO
Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons noem hulle ‘ City Changers’ wat hulle God ken en mense lief hê en hulle Wêreld impakteer met die waarheid van Jesus. (Knowing God, Loving People, Impacting my World)
Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.
Doxa Deo, ons is ‘n Familie op Missie!!!
Waar en Wanneer
Hoe word ek deel?
Hoekom Vennootskap?
Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners van ons dienste om in te skakel by die verhoudings en aktiwiteite en missie van ons gemeente. Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus bv ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korinthiërs 3:9 dat ons mederwerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan. Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld.
Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd en ons energie en ons finansies die Here se koninkryk vestig orals waar ons funksioneer.
Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.
Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus strek te maak.
Belegging: Ons wend ons finansiele vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.
Hoe word ek 'n Vennoot?
Dit is vir ons belangrik dat jy nie net ‘n gereelde besoeker sal wees by Doxa Deo Brooklyn nie, maar dat jy deel sal word van die gemeente en jou plek in die liggaam van Christus sal vind.
Jy is welkom om tydens enige van ons dienste, na die tyd by “Starting point” agter in die saal aan te meld, sou jy graag by die gemeente, groeplewe of bedieninge wil inskakel.
Kontak Ester Dekoker om in te skakel.
Oor Ons Personeel
Kerk is soveel meer as ‘n diens oor ‘n naweek. Vir ons is dit oor ‘n verbinding met ander
mense, groei in jou geloof, en die bou van ‘n sterk fondasie vir jou gesin. Die missie van elke personeellid by Doxa Deo is om te sien hoe elke mens wat in Jesus glo, deel uitmaak van ‘n gesin, besig om dissipels te maak, en te bou aan God se Koninkryk.
Ons Span
Jean & Willianna Symons
Kampus Leier | Vroue
AJ & Suné Sutton
Young Adults | Manne | Vroue
Micaela Van Biljon
Tieners | Skole
Seamé Wilkins
Grafiese Ontwerper | Kommunikasie
Jules & Madelein Asher
Volwassenes | Groepe
Werner & Michelle Janse Van Rensburg
Metamorpho | Studente
Luan Els
Kinders | Skole | Life Centre
Ilze Richter
Finansies | Huwelike | Aanbiddig
Adri Stroebel
Kampus bestuurder
Martin & Jani Bravenboer
Aanbidding | Huwelike
Jaené Botha
Kommunikasie | Kunste
Ester De Koker
Ondersteuning: Volwassenes | Huwelike
Marthinus & Bianca Steffen
CCI | Opleiding
Waldo Knoesen
Aanbidding | Media
Trechia Arlow
Ondersteuning: Jean Symons
Sunanri van schoor
Ondersteuning: Studente | Woordskool | Doop