Jong

Volwassenes

Die Young Adult-groep van Doxa Deo Brooklyn bestaan uit jong werkendes. Dis ’n heerlike kuierplek waar ons saam nuwe dinge in God se Woord ontdek.
Die Young Adults vorm deel van die groter kampus. Een van ons bymekaarkom geleenthede is op ‘n Sondagaand om 17:30, gedurende ons eerste aanddiens. Na afloop van die diens is daar geleentheid om lekker saam te kuier en nuwe vriende te maak.
Ons glo dat God al die Young Adults van die stad wil bereik. Sodoende sal ons sien hoe God se koninkryk gevestig word in die stad. Die leiers speel ‘n belangrike rol om die Young Adults te help om City Changers te wees. Hulle funksie is meestal gefokus op dissipelskap en die reёl van byeenkomste waar gemeenskap-bou die fokus is. Indien jy belangstel om te groei in leierskap, kontak gerus vir Werner by [email protected]

Groepe

 

Op Woensdagaande kom al die Young Adults bymekaar vir groeplewe, waar ons fokus om saam te groei in ons verhouding met God en met mekaar. Elke groep bestaan uit tussen 3-8 mense wat saam kuier om die Woord van God en inspraak gee in mekaar se lewens.  Dit is ook ‘n plek waar almal mekaar beter leer ken en so die pad van geloof saam aanpak.

Byeenkomste

– Sondagaande, 17:30 vir die eerste aanddiens.
– Woensdagaande, 19:00 by Brooklyn Gemeente vir Massasel.

Fokus Areas gedurende die jaar

Socials

Een keer ‘n kwartaal is daar ‘n lekker social en dit word ook in detail op Brooklyn Gemeente se Facebook blad geadverteer. Dit is ‘n ideale geleentheid om nuwe vriende saam te nooi. Daar is ook ‘n paar kampe om na uit te sien… Hou die Young Adults Facebook blad dop!

Gebed

Ons het ‘n passie vir gebed by die Young Adults.  Elke Sondag vanaf 16:15 word daar saam gebid voor die diens begin. Ons het ook ‘n kwartaalikse gebedsfokus wat regtig lewens verander en ‘n impak in hierdie stad maak.

Kontak vir Werner – 012 362 1396 of [email protected] of [email protected], vir meer inligting of om in te skakel by die Young Adults.

Praat met Ons