Seniors
Die Prime Time senior bediening is ‘n gemeenskap van individue oor die ouderdom van 60 wat ‘n begeerte het om voluit te leef en saam ‘n verskil te maak.
Ons is ‘n bediening wat omgee, waar jy tuis kan voel, en waar jy die potensiaal wat God in jou geplaas het kan uitleef. Ons reik ook op ‘n gereelde basis uit na aftree oorde en tehuise in ons omgewing.
Prime Time Selgroep
Daar is ook ‘n Prime Time selgroep, waar jy saam met mede seniors sosiaal kan verkeer oor relevante lewensfase kwessies, en geestelik saam groei. Hierdie selgroep kom op Donderdae om 09:30 bymekaar by Doxa Deo Brooklyn.
Vir meer inligting, kontak Ester de Koker by 012 362 1396, of [email protected]