Sondag

Helperspan

Dit is ware Brooklyn-kultuur om deurgaans gemeenskap tussen ons vennote aan te moedig en te bewerkstellig. Deel hiervan, is die kweking van liefdevolle verhoudings as ‘n leefwyse en gevolglik daardie egte gevoel van ‘om te behoort, te ervaar wanneer ons as kerk bymekaarkom.  Daarom is dit van kardinale belang dat ons moeite doen om, reeds met die intrapslag, mense met ope arms te ontvang en te laat welkom voel.

Info - toonbank

Ons wil ook verseker dat enige vrae wat mense mag hê, so spoedig en vriendelik moontlik beantwoord word. Dus het Brooklyn ook ‘n info-toonbank wat navrae, kursus inskrywings, en soms kaartjieverkope, hanteer. Indien jy deel van hierdie bediening wil wees, sal ons jou met graagte die nodige opleiding gee.

Verwelkoming

Dit vir ons belangrik dat elke persoon tuis moet voel en ervaar dat hulle hier hoort. Die verwelkomingspan is dus verantwoordelik om ons deure op ‘n Sondag te beman en alle vennote en besoekers hartlik te ontvang.

 As jy graag op enige van die bogenoemde wyses betrokke wil raak, kontak gerus vir: Adri Stroebel by [email protected]

Praat met Ons