Kindertoewyding

Jou kind is vir die Here, vir jou as ouer en vir ons by Brooklyn so kosbaar en daarom wil ons graag twee keer per kwartaal tydens ons dienste, die toewyding en inseën van ons kindertjies fasiliteer saam ouers en familie/vriende.

 

Om die nodige konteks te bespreek en ouers bietjie meer voor te berei vir wat so ‘n geleentheid behels, nooi ons ouers uit na ‘n kindertoewydingsgesprek wat twee weke voor die diens plaasvind. Tydens hierdie gesprek gee ons ook geleentheid vir enige vrae in hierdie verband.

Ons sien uit om hierdie spesiale geleentheid saam met julle as ouers en familie te deel.

Jesus sê in Markus 10:14-16: “Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.”  En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.

 

Kontak:

Ons sien uit om die spesiale dag saam met julle te deel.

Indien jy jou kind aan die Here wil toewy, kontak gerus vir Yolandé van Graan:  [email protected] of 012 362 1396

Praat met Ons