Kunste
Ons glo dat ons ‘n mandaat het om die kunste in al sy uitdrukkings te gebruik om ‘n lewensveranderende impak in ons stad te maak. Dit is ons begeerte om God te aanbid in Waarheid en in Gees en ons kunstespanne gebruik hulle gawes en talente om mense te lei aanbidding en te fasiliteer tydens feesdienste tot ‘n diep belewenis van God.
Dansbediening
Ons dansbediening kom weekliks bymekaar donderdae van 19:00-21:00. Vir meer inligting kontak Larissa by [email protected] of alternatiewelik [email protected]
Foto en Videografiebediening
Ons fotografiebediening kom weekliks bymekaar op Donderdae van 19:00-21:00. Vir meer inligting kontak Jaené by [email protected]
Dramabediening
Ons is opgewonde oor die ontwikkeling van ‘n permanente dramagroep wat dan weekliks bymekaar sal kom vir nou bring ons die groep bymekaar soos nodig. Vir meer inligting kontak Jaené by [email protected]
Uitbeeldende kunstebediening
Indien u belangstel om deel te word of so ‘n bediening te lei kontak Jaené by [email protected]