Meer Oor Ons
Life Centre
Daar is baie situasies in die lewe wat die wind uit ons seile slaan. Die Life Centre bied gespesialiseerde en gefokusde areas van bediening vir die van ons wat deur moeilike tye gaan. Ons begeerte is om te sien dat elke mens weer voluit sal lewe en in kwaliteit verhouding met God en jou naaste sal leef.
Ons bied die volgende dienste aan
Ek Wil Voluit Lewe
EK HET BERADING NODIG
Ons het opgeleide beraders wat jou kan ondersteun en begelei deur jou moeilike tye.
Kontak gerus vir Ester om ‘n afspraak te maak met een van ons beraders, by 012 111 9720 of [email protected]
Ek Gaan Deur ‘n Moeilike Tyd
As jy deur ‘n moeilike tyd gaan, wil ons Bemoedigers jou graag ondersteun. Vul die clipboard in tydens die diens of stuur ‘n e-pos na [email protected] OF [email protected] Ons sal jou so gou as moontlik kontak.
soulcare
SoulCare is nie ‘n beradingsessie nie. Dit is ‘n gefasiliteerde tyd van interaksie tussen ‘n individueel en God (Vader, Seun en Heilige Gees). Die gefokusde uitkoms van die SoulCare sessie is om vryheid en restorasie te beleef. SoulCare is om effektiewe innerlike genesing te ervaar. Dit handel met die wortel van dit wat ons verhinder om in ‘n intieme verhouding met God te beleef. Gedurende die sessie word die leuens wat ons aanvaar het met die waarheid verplaas. Die waarheid stel ons in staat om volheid te leef in ons identiteit in Christus.
SoulCare sessies word gefasiliteer deur opgeleide vennote wat nie vergoeding verdien nie.
Kliek HIER om aansoek te doen vir ‘n SoulCare afspraak
Groepterapie
Ons groepterapie bestaan uit Grace For Life en Hersteldinamika. Grace for Life is n kursus wat gefasiliteer word in kleingroepe om mense te begelei na heelheid, vryheid en om met heel harte te leef. Hersteldinamika fokus op verhoudingsprobleme. Om uit te vind watter kursus hierdie kwartaal aangebied word, kontak vir Ester by [email protected]
Benodig jy gebed?
Ons het ‘n span van mense wat graag vir jou wil bid. Stuur gerus jou gebedsversoek na [email protected].
Nuwe ouers
“Preparation for Parenting” is ’n kursus wat nuwe ouers toerus om die eerste 5 maande van hulle nuwe bondeltjie te oorleef met gerustheid, bevoegdheid en vreugde.
Die ideale tyd om die kursus by te woon is in die tweede trimester. Sien ons kalender vir die volgende Preparation for Parenting deur om hier te kliek.
Vir verdere inligting kontak [email protected]
Kosprojek
Dit is spesifiek gemik op behoeftige gesinne in ons eie gemeente. Indien jy weet van gesinne wat behoefte het aan kos, kan jy help deur om:
Key connetion
Bevind jy jouself tussen werke of soek jy ‘n werk as ‘n student? Gespesialiseerde persone jou sal ondersteun om aansoek te doen vir ‘n werk. Vir meer inligting kontak Annelize by 0823327098 of [email protected]
Ek wil graag help bedien
Ek Wil n' Verskil Maak
Bemoedigers
As jy ‘n passie het om te sien hoe ander mense herstel word, dan is die Bemoedigers die plek om jou bediening uit te leef. Reg deur die jaar bied ons opleidingsgeleenthede aan vir ons Bemoedigers sodat ons mense wat deur trauma en krisisse gaan, sinvol kan ondersteun en bemoedig.
Beraders
Ons skep graag spasie vir beraders wat hulle passie en tyd hier by Brooklyn Kampus wil gee. Indien jy jou bediening as berader hier wil uitleef kan jy ons kontak by die kerk kantoor.
spesialiste
Ons het ‘n omvattende netwerk van sielkundiges, terapeute, psigiaters, spelterapeute en ander professionele kundiges wat ook van hul tyd gee by Brooklyn Kampus. Indien jy ook deel van jou bediening hier wil uitleef binne jou professionele kapasiteit, kan jy gerus die kerkkantoor skakel sodat ons jou kan deel maak van ons Life Centre prosesse.
Kosprojek
Jy kan op ‘n gereelde basis ‘n verskil maak in mense se lewens deur die Kosprojek te ondersteun. Die wit emmers het ‘n lys van produkte binne in. Jy kan so ‘n emmer huis toe vat en dan vul met dit wat op die lysie staan. Bring die vol emmer kerk toe en los dit onder hierdie Life Centre bord. Neem dan weer ‘n leë emmer en herhaal die proses so gereeld soos wat jy kans sien.
Groepterapie
Ons groepterapie bestaan uit Grace For Life en Hersteldinamika. Grace for Life is n kursus wat gefasiliteer word in kleingroepe om mense te begelei na heelheid, vryheid en om met heel harte te leef. Hersteldinamika fokus op verhoudingsprobleme. Om uit te vind watter kursus hierdie kwartaal aangebied word, kontak vir Charlene. Ons maak staat op groepleiers en fasiliteerders om elke groep te begelei deur hierdie groeiproses. As jy al deur die groeiproses is, (of jy het al ‘n soortgelyke groeiproses deurgemaak wat jou gehelp het om genesing en herstel te kry oor die seer en teleurstellings van die verlede) dan kan jy gerus aanmeld vir diens.
Toerustingsgeleenthede
Ons bied reg deur die jaar toerustingsgeleenthede aan soos die Pastorale Beradingskursus of die Trauma en Herstel kursus. Die meeste van hierdie kursusse word op tersiêre vlak geakkrediteer en is wonderlike geleenthede waarby ons mense wil help groei en toerus om meer effektief vir ander versorging te bied.
Hospitaalbediening
Wil jy deel word van die span wat besoek aflê by die hospitale in ons stad? Kontak gerus vir Ester by [email protected]
Vir enige navrae aangaande die Life Centre, kontak gerus vir Ester by 012 111 9720, of [email protected]
Hoe word ek deel?
Hoekom Vennootskap?
Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners van ons dienste om in te skakel by die verhoudings en aktiwiteite en missie van ons gemeente. Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus bv ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korinthiërs 3:9 dat ons mederwerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan. Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld.
Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd en ons energie en ons finansies die Here se koninkryk vestig orals waar ons funksioneer.
Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.
Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus strek te maak.
Belegging: Ons wend ons finansiele vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.
Hoe word ek 'n Vennoot?
Dit is vir ons belangrik dat jy nie net ‘n gereelde besoeker sal wees by Doxa Deo Brooklyn nie, maar dat jy deel sal word van die gemeente en jou plek in die liggaam van Christus sal vind.
Jy is welkom om tydens enige van ons dienste, na die tyd by “Starting point” agter in die saal aan te meld, sou jy graag by die gemeente, groeplewe of bedieninge wil inskakel.
Kontak Ester Dekoker om in te skakel.
012 362 1396
[email protected]