Life centre

Daar is baie situasies in die lewe wat die wind uit ons seile slaan. Die Life Centre bied gespesialiseerde en gefokusde areas van bediening vir die van ons wat deur moeilike tye gaan. Ons begeerte is om te sien dat elke mens weer voluit sal lewe en in ‘n kwaliteit verhouding met God en hul naaste sal leef. Daar is ook verskeie geleenthede waar jy kan betrokke raak om te help bedien.

Wat bied die Life Centre

Ons bied die volgende ondersteuning aan :

Benodig jy gebed?​

Ons het ‘n span mense wat graag saam en vir jou wil bid. Stuur gerus jou gebedsversoek. Een van ons passievolle gebedsvennote sal met jou kontak maak. [email protected].

Soulcare

SoulCare is nie ‘n beradingsessie nie. Dit is ‘n gefasiliteerde tyd van interaksie tussen ‘n individu en God (Vader, Seun en Heilige Gees). Die gefokusde uitkoms van die SoulCare sessie is om vryheid en restorasie te beleef. SoulCare is om effektiewe innerlike genesing te ervaar. Dit handel met die wortel van dit wat ons verhinder om in ‘n intieme verhouding met God te beleef. Gedurende die sessie word die leuens wat ons aanvaar het met die waarheid te verplaas. Die waarheid stel ons in staat om volheid te leef in ons identiteit in Christus.
SoulCare sessies word gefasiliteer deur opgeleide vennote wat nie vergoeding verdien nie.

Kyk ons testimony video HIER

Kliek HIER om aansoek te doen vir ‘n SoulCare afspraak

Hospitaal

Gaan jy, ‘n familie lid of vriende dalk in vir ‘n operasie ? Ons Hospitaalspan wil julle graag ondersteun in die tyd.

Ek gaan deur 'n moeilike tyd​

Ons almal het partykeer net iemand nodig wat na jou kan luister wanneer jy deur ‘n moeilike tyd gaan. Ons Bemoedigers span is daar vir jou om jou te ondersteun. Kyk die getuienis video HIER Stuur ‘n e-pos na [email protected] OF [email protected] Ons sal jou so gou as moontlik kontak.

Ek het berading of spesialis hulp nodig

Ons het opgeleide profesionele beraders met wie ons jou in kontak kan bring. Kontak gerus vir Ilze by 012 111 9720 of [email protected] Ons het ‘n netwerk van spesialiste wat hulle dienste aanbied. Dit sluit in terapeute, sielkundiges en ander spesialiste.

Groepfasilitering

Ons groepterapie bestaan uit Storms van die Lewe, Preparation For Parenting en Protecting The Innocence of Childhood. Sien ons kalender vir ons Life Centre prosesse. Vir meer inligting gaan na: Storms van die lewe groepsfasiliteringsproses (die proses bied ondersteuning vir enige moeilike omstandighede of traumatiese gebeurtenisse wat die lewe jou kant toe gooi)

Hope Kosprojek

Hope staan vir Help Our People Eat Ons Kosprojek is daar om mense te help wat deur ‘n finansiële krisis gaan, wat hulle werk verloor het of uitdagings beleef tans in hulle lewe. Jy kan help met ons hope proses deur middel van finansiële skenkings. Laat weet ons asseblief van jou behoefte by: [email protected]

as jy wil help bedien by enige van die boonste:

Kontak vir Ester: [email protected]

Ek wil graag help bedien :

Gebed

Kom word deel van ons Gebedspan wat bid vir mense wat gebedsversoeke stuur aan die kerk. Ons nooi jou ook uit om saam met ons te kom bid 08:00 elke Sondagoggend in die Kapel.
Om deel te word kontak [email protected]  

SOULCARE

Kom word deel van die wonderlike SoulCare span. Vir meer inligting kontak [email protected]

 

Bemoediging

Het jy ‘n passie om saam met mense ‘n pad te stap? Kom word deel van die Bemoedigers span wat mense help begelei wat deur ‘n moeilike tyd gaan. Vir meer inligting gaan na:

Groepfasilitering

Ons groepterapie bestaan uit Storms van die lewe, Preparation For Parenting en Protecting The Innocence of Childhood. Jy het die geleentheid om deel te word by die aanbieding van die kursusse. 

Indien jy wil deel word van die fasilitering van een van hierdie prosesse kan jy gerus vir Ilze kontak by [email protected]

Berading

Ons skep graag spasie vir beraders/spesialiste wat hulle passie en tyd vir Brooklyn Kampus wil gee. Indien jy jou bediening as berader/spesialis wil uitleef en so in ander mense se lewens ‘n verskil wil maak, kontak ons gerus by [email protected]

Hospitaalbediening

Jy het die geleentheid om deel te word van die span wat uitreik na mense in ons kerk wat opgeneem word in die hospitaal. 

Om deel te word kontak gerus Ilze by [email protected]

Kontak vorm

Praat met Ons