Voel jy soms of jy wil deel wees om ons stad se mense wat sukkel te versorg?

Voel jy soms die probleem is te groot?

Ons wil jou nooi om jou hart en jou hand oop te maak vir ons Streetstore 25 Mei.

Om terug te gee aan die gemeenskap bring nie net vir ons HOOP nie, maar dit maak ook ‘n verskil met ‘n positiewe rimpeleffek. Deur jou tyd te gee, hulpbronne – soos klere, skoene, baadjies – speel jy as individu ‘n belangrike rol in die bou van gesonder gemeenskappe, ‘n versorgde stad en sy mense, waar die liefde en hoop van Jesus uitgeleef word.

Hier is hoe jy 'n verskil kan maak:

1. Voor die geleentheid

Kan jy klere bring na die kampus, dit is belangrik dat die klere in ‘n goeie kondisie is, skoon gewas en verpak in die volgende kategorieë: Mans, Vroue, Kinders, Babas (klere etikette word voorsien by die info-toonbank). Hierdie sluit ook ‘n geleentheid in om klere uit te sorteer en te verpak.

2. Op die dag

Kan jy betrokke raak by een van die volgende kategorieë: 

Gasvryheid

Logistiek

Winkel assistent

Kinders

Sekuriteit

Begeleier

Bid

Registreer hier om deel te wees van enige van die bogenoemde op die dag:

3. Jy kan ook finansieel bydra; gebruik besonderhede hieronder:

Doxa Deo Brooklyn
ABSA
Rek no: 4074057952
Tak no: 652005
Verwysing: Streets

Fotos van die vorigeStreet store

Praat met Ons