Maak jou Liefde

Persoonlik

Liefde wat

Bemagtig

Jy het ook die geleentheid om ons projekte finansieel te ondersteun:  

Life Centre

Ons wil 20 Enkelmammas ondersteun met ‘n kos voucher vir die volgende 3 maande. R2000 per enkelmamma R40 000.

Jeugwerkerfonds

Jy het die geleentheid om ‘n verskil te maak in die lewens van ons volgende generasie, spesifiek wat skolebediening betref. R140 000

Kinderhuise

Ons was in staat om vir 44 kinders ‘n winters item te koop teen R250 elk.

Ons sal graag ook vir hulle komberse wil gee en benodig 44 komberse. (R150 x 44 = R6 600)

Kinderbediening by Brooklyn

Ons wil graag seker maak dat elkeen van ons kinders wat deel van is die Kinderbediening ‘n Bybel het. R200 ‘n Bybel. (R200 x 100 kinders = R20 000).

Behoeftige Studente

Ons wil vir 22 behoeftige studente elk ‘n kos “voucher” gee van ‘n  R1000 vir die maand van Julie. (22 x R1000 = R22 000)

Tree

Ons wil 400 onderwysers waardeer met ‘n koffie kuier in die volgende 3 maande. R250 per onderwyser. (400 x R250 = R100 000)

Red frogs

Tydens ons red frogs uitreike bedien ons studente en het ons besef daar is ‘n groot behoefte onder studente vir Bybels en ons wil graag hulle kan bedien met ‘n Bybel van hulle eie. Bybel kos R200 (R200 x 100 = R20 000).

Lifting dreams

Ons tutor elke Saterdagoggend tussen 100-200 kinders in Mamelodi en Eersterus. Ons het R2000 per maand nodig om die spanne te vervoer na Mamelodi en Eersterus” (R2000 x 12 = R24 000)

Dansbediening uitreik - Rhythm of hope

Ons Kunstebediening reik uit na die dansers van Rythem of hope outreach program wat minderbevoorregde kinders (Pure Hope Primary School – Plastic view) die geleentheid gee om deur middel van dans weer hoop en heelheid kan beleef.  Ons wil graag elke een van die 69 dansers, dansklere, skoene en danskouse gee. – R15 000

Bankbesonderhede

Doxa Deo Brooklyn
ABSA Hatfield

Rek no: 407 405 79 52
Tak kode: 632 005
Betalings verwysing:
“Jun Projekte”

Liefde met

Impak

As deel van ons LIEFDE tema wil ons individue mobiliseer om deel te word van die volgende uitreike:

 

Cherished Baby

Bedien, bederf en bemagtig pasgebore babas en hul mammas, in publieke hospitale, binne die kritiese eerste paar dae van hulle lewens.

Lifting Dreams

Ons tutor elke Saterdagoggend tussen 100-200 kinders in Mamelodi en Eersterus.

Red Frogs

Red Frogs is vir jou ‘n geleentheid om jou vriende en studente te bereik met die evangelie. Ons gaan elke tweede Vrydagaand na die strip en bedien studente daar.

Tree

TREE, Transforming Educational Environments vat hierdie kwartaal saam met jou hande om uit te reik na ons skole.

Liefde op 'n

Persoonlike Vlak

Gebruik die BLESS akroniem, bo aan die bladsy, om persoonlik uit te reik na individue in die volgende areas:

  • Maatskaplike werkers
  • Polisie
  • Mediese Personeel
  • Openbare werkers
  • Onderwysers
  • Karwagte en Werkers

Praat met Ons