Toerusting

Doxa Deo wil graag ons vennote inspireer en toerus oppad na volwassenheid in Christus. Die uiteindelike doel van alle opleidingsgeleenthede, is dat transformasie op vele vlakke sal plaasvind.  Mag vennote gevolglik die kwaliteitslewe ervaar wat God vir hulle beoog het toe Hy in Genesis 1:26 gesê het: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers…” Dit word ook bevestig deur die woorde van Jesus toe Hy in Johannes 10:10 gesê het: “…Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”

Kursusse

Meyersdal Kampus bied elke kwartaal ‘n verskeidenheid van kursusse aan. Kontak ons kantore om meer uit te vind
010 109 4444 / [email protected]
Binne Doxa Deo is daar vyf verskillende opleidingsopsies vir ons vennote. Hierdie inligting is ook mooi saamgevat in ‘n aanlyn-voubiljet wat hier afgelaai kan word.

CITY CHANGERS Bedieningsprogram

Hierdie is die primêre CITY CHANGERS opleidingsprogram van die Doxa Deo-familie. Hierdie drie-jaar-kontakkursus is gebou rondom bediening, lewensvaardigheid en leierskapsontwikkeling. Vir meer inligting hieroor kontak [email protected]

Praat met Ons