Doxa Deo Meyersdal Kampus, saam met al die ander Doxa Deo kampusse, droom daaroor dat ons stad getransformeer sal word na ‘n plek waar God regeer. By Doxa Deo glo ons dat elke persoon wat deel vorm van ons kampus, geroep is om nie net ‘n vennoot van Doxa Deo te wees nie, maar ‘n wesenlike verskil in ons pragtige stad sal maak.
Ons samelewing word basies in agt sfere verdeel: Kerk, Media, Kunste, Opvoedkunde, Sport, Sosiale Dienste, Sakewêreld en Regering. Ons wil graag deur ons Sondagdienste, selgroepe asook die talle kursusse en geleenthede wat weekliks aangebied word, vir elke vennoot die platvorm bied om ten volle toegerus te word om ‘n City Changer in sy/haar sfeer van invloed te wees.
Johann en Rene Cloete
Alan en Ivy Sutton
Lenrou en Geraldine Jacobs
Chantell Lombard
Kobus en Hiliza de Wet
Stephan Smit
Christiaan Rossouw
Leandra Foster
Esmarelda Geldenhuys
Joan Bruwer
Tyd & Plek
Oggenddiens: 9:00
Aanddiens: 17:30
10 Greyvillea straat; Meyersdal; Alberton
Sondag Dienste
Ons is ‘n unieke gemeente in die opsig dat ons twee dienste op ‘n Sondag hou wat intensioneel op elke ouderdomsgroep gefokus is. Ons oggenddiens is veral gewild onder gesinne. Ons kinders en tieners word apart bedien tydens hierdie diens onder die DOXA DEO KIDS, en FUSION bedieninge.
Ons aanddiens fokus meestal op jong volwassenes (19-35 jaar) maar enige iemand sal baat vind by hierdie diens.
Demografie
Ons gemeente is geleë in ‘n veilige omgewing in die suide van Alberton. Ons lê in die hart van nuwe ontwikkelings en gegoede woonbuurte met ‘n sterk gesinskultuur. Ons is binne bereik van die top skole in die suide van die groter Johannesburg. Verder is ons geleë teenaan die R59 snelweg.
Wat Om Te Verwag
Doxa Deo Meyersdal Kampus, saam met al die ander Doxa Deo kampusse, droom daaroor dat ons stad getransformeer sal word na ‘n plek waar God regeer. By Doxa Deo glo ons dat elke persoon wat deel vorm van ons kampus, geroep is om nie net ‘n vennoot van Doxa Deo te wees nie, maar ‘n wesenlike verskil in ons pragtige stad sal maak.
Ons samelewing word basies in agt sfere verdeel: Kerk, Media, Kunste, Opvoedkunde, Sport, Sosiale Dienste, Sakewêreld en Regering. Ons wil graag deur ons Sondagdienste, selgroepe asook die talle kursusse en geleenthede wat weekliks aangebied word, vir elke vennoot die platvorm bied om ten volle toegerus te word om ‘n City Changer in sy/haar sfeer van invloed te wees.
Ons het ‘n passie vir God, ‘n liefde vir mense en ‘n begeerte om ‘n impak te maak in ons stad. Ons het ‘n gesonde gesinskultuur met ‘n sterk klem op lewensvreugde. Ons harte is oop vir alle mense en ons het ‘n verfynde waardering vir goeie koffie.
Hoe word ek 'n vennoot van Meyersdal Kampus?
Dit is vir ons belangrik dat jy nie net ‘n gereelde besoeker sal wees by Meyersdal Kampus nie, maar dat jy deel sal word van die gemeente en jou plek in die liggaam van Christus sal vind.