Waarom Groepe?

Afgesien van ‘n verhouding met God, is die mens se grootste behoefte na betekenisvolle verhoudings met ander mense. Kerklewe (christenskap) is veel meer as net Sondagdienste. Volwassenes in ons kampus word primêr bedien en versorg in klein, informele groepe waar vriendskappe en verhoudings kan groei en floreer.

Wat kan jy verwag?

Groepe kom in huise bymekaar om saam te gesels oor die Woord, tyd te spandeer in “fellowship” en saam te bid. Ons het reeds aktiewe groepe waar lewens weekliks verander. Ons vestig ook gereeld nuwe groepe om ruimte te skep dat mense gereeld en gemaklik ingeskakel kan word.
Ons  het groepe vir amal, tieners, studente, jong volwassenes en volwassenes.

Omgee, Bediening, Groei en Invloed word by Groeplewe as hoë waardes beskou. 

Indien jy by so ‘n groep wil inskakel kontak gerus:

Kerkkantoor:  011 867 5954 of  [email protected]

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap