Cherish
Nurture
Love
Inspire
Doxa Deo Meyersdal se vrouebediening, Cherish, is ‘n geleentheid vir vrouens van alle ouderdomme, om saam te gesels en saam te groei.
Dis ‘n plek waar jy dalk as vreemdeling mag instap, maar verseker as vriendin sal uitstap. Dis ‘n veilige omgewing waar vrouens met vrymoedigheid hulle harte en lewens kan kom deel.
Hier is 'n paar geleenthede spesiaal vir jou
Cherish Groups/mentoring
Daar is verskeie vroue groepe wat deur die week bymekaar kom.
Cherish Moms
Cherish Moms is vir swanger mammas en mammas met 0-3 jarige kinders.
Ons hart is dat ons saam kan groei as mammas, mekaar kan ondersteun, bemoedig en saam groei.
Hierdie is so besonderse fase van mamma wees, en kom met groot
verantwoordelikheid maar kan ook uitdageend en onbekend wees, dus is ons hier vir mekaar. Kom ons
geniet hierdie journey saam en bou mekaar op! Die groepie ia oop sodat ons by mekaar kan leer en ook wat Vader se hart
is vir ons as mammas.
Volg die skakel om deel te word van ons MOMs groep.
https://chat.whatsapp.com/LXMxsHZxqXt6y7i3RKdUwI
Cherish Woord
Tydens hierdie geleenthede word daar Bybelstudie gedoen oor verskeie onderwerpe.
Cherish Events
Cherish bied ook gereeld vroueaande aan met uitmuntende sprekers en passievolle aanbidding.
Cherish Creative
Cherish bied ook een maal ‘n kwartaal ‘n oggend waar ons leer om iets kreatief te doen en lekker saam te kuier.
Cherish Life
In hierdie tyd is ons betrokke by Alberton Stepping Stone Hospice waar ons uitreik na ons care givers veral in hierdie tyd van Covid19 .
Ons het vir hulle ‘n “wendy” opgesit waar hulle kan ontspan as hulle tee tyd het en ons voorsien aan hulle koffie, tee, verversings ens.
Kom raak betrokke vir meer inligting kontak vir [email protected].
Kom leef jou passies en gawes uit by cherish
René Cloete
As jy deel wil raak van ‘n vroue-groep, bybelstudiegroep of enige ander navraag het, kontak vir René
084 015 4515 [email protected]