Lewens oomblike

Ons glo God is deel van elke fasset van jou lewe. Tye van vreugde, hartseer en verandering. Ons wil jou help om hierdie liefde van God in elke fasset van jou lewe raak te sien.

DOOP

“Gaan dan heen, maak dissipels ….  doop hulle in die Naam van Jesus ……” Matt 28:19 Hierdie is die woorde van Jesus.  Doop is ‘n opdrag van Jesus aan die kerk waardeur ‘n gelowige uitdrukking gee aan sy/haar geloof en begeerte om geïdentifiseer te word met Jesus Christus.  Die metode wat ons gebruik is onderdompeling waardeur ons vereenselwig met Jesus se dood, begrafnis en opstanding.

Indien jy gedoop wil word, kontak gerus vir Chantell Lombard by [email protected] of 010 109 4444

KINDERTOEWYDING

Jou kind is vir die Here, vir jou as ouer en vir ons by Meyersdal Kampus so kosbaar. Ons het gekies om ‘n spesiale kindertoewydingsdiens vir ons kinders te hê. Hierdie diens is ‘n geleentheid wat ons saam vriende en familie geniet en tyd maak om ons kinders aan die Here toe te wy. Die diens vind kwartaalliks plaas op ‘n Sondag om 9h00.

Jesus sê in Markus 10:14-16: “Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.”  En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.

Ons sien uit om die spesiale dag saam met julle te deel.

Indien jy jou kind aan die Here wil toewy, kontak gerus vir Marius Smit by [email protected]

TROUE

Ons is opgewonde saam met jou vir hierdie nuwe fase in jou lewe.  Verskeie van ons pastore is beskikbaar vir jou troue. Ons beste wense vir die beplanning van jou groot dag.

Kontak gerus vir Rene Cloete by [email protected] of  084 015 4515

BEGRAFNISSE

Ons is hier om saam met jou deur hierdie moeilike dag te gaan.  Saam met een van ons pastore kan ons jou help beplan aan die diens, keuse van Skrif, keuse van liedjies ens.  Ons beraders is ook beskikbaar indien nodig.

Kontak Chantell Lombard by [email protected] of 011 109 4444

Kontak Informasie

Rene Cloete

084 015 4515

[email protected]

Praat met Ons