Cherish

Deuteronomy 14:2

Nurture

Love

Inspire

Doxa Deo Meyersdal se vrouebediening, Cherish, is vir vrouens van alle ouderdomme, om saam te gesels en saam te groei.

Dit is ‘n plek waar jy dalk as vreemdeling mag instap, maar verseker as vriendin sal uitstap.  Dis ‘n veilige omgewing waar vrouens met vrymoedigheid hulle harte en lewens kan kom deel.

Hier is 'n paar geleenthede spesiaal vir jou

Cherish Groups/mentoring

Daar is verskeie vroue groepe wat deur die week bymekaar kom.

Cherish Moms

Cherish Moms is vir swanger mammas en mammas met 0-3 jarige kinders.

Ons hart is om saam kan groei as mammas, mekaar te ondersteun en mekaar te bemoedig

Hierdie is so besonderse fase van mamma wees, maar kom met groot

verantwoordelikheid en kan ook soms uitdageend en onbekend voel, dus is ons hier vir mekaar.

Die groepie is oop sodat ons by mekaar kan leer asook Vader se hart vir ons as mammas kan verstaan.

Volg die skakel om deel te word van ons MOMs groep.

https://chat.whatsapp.com/LXMxsHZxqXt6y7i3RKdUwI

Cherish Woord

Tydens hierdie geleenthede word daar Bybelstudie gedoen oor verskeie onderwerpe.

Cherish Events

Cherish bied gereeld vroueaande aan met uitmuntende sprekers waartydens passievolle aanbidding plaasvind.

Cherish Creative

Cherish bied een maal ‘n kwartaal ‘n oggend aan waar kreatiwiteit uitgeleef word en waar vroue lekker saam te kuier.

Cherish Life

Ons is betrokke by Alberton Stepping Stone Hospice waar ons uitreik na ons “care givers”. Ons het ‘n “wendy” opgesit waar werkers kan ontspan tydens tee tyd en ons voorsien aan hulle koffie, tee, verversings ens.

Kom leef jou passies en gawes by cherish uit

René Cloete

As jy deel wil raak van ‘n vroue-groep, bybelstudiegroep of enige ander navrae het, kontak gerus vir René

084 015 4515  [email protected]

Praat met Ons