Daar is ‘n roeping en ‘n doel vir JOU.
Glo jy dit?
Fusion is ‘n plek vir alle hoërskool tieners waar hulle hulself kan kom geniet en saam met vriende meer kan kom leer
oor wat God se plan vir elkeen is.
Ons weet dat ‘n tiener se lewe gepaard gaan met baie veranderinge en onsekerheid maar ons glo dat ‘n vaste identitiet
in Jesus Christus ons kan help om hierdie veranderinge in die oë te kyk en ook so te kan oorwin…
Now to Him who is able to do far more abundantly beyond all that we ask or think, according to the power that works within us
Ephesians 3.20
WAT ALLES GEBEUR
Ons kom elke Sondag oggend tydens ons 2 oggendienste (8.30 en 10.15) in ons eie Fusion lokaal bymekaar.
Ons glo daarin om lewe saam te “celebrate” en om ons reekse tiener-vriendelik te maak sodat elke tiener wat deel
vorm van Fusion sy/haar geloof in die wêreld daar buite kan gaan uitleef.
SOCIALS/KUIER
Elke maand is daar ’n groot social waar ons as groep saam kuier en lewe saam geniet. Hierdie geleenthede strek
van movie-aande, worship aande en “events”buite die kerk.
SOSIALE MEDIA
Volg ons op sosiale media – Instagram (fusion_helderberg) / Facebook– om meer te sien van ons Fusion kultuur,
wie ons is en waarmee ons besig is!
https://www.youtube.com/channel/UCVdAJq6_JOgAOoZds97viWw
Vir meer inligting kontak vir Christiaan Rossouw: [email protected]