Projekte

 

Behalwe vir dit wat op ‘n Sondag gebeur is ons ook besig met ‘n hele aantal projekte wat verskeie areas van behoefte aanspreek. Hier is inligting oor van hierdie projekte:

 

Huis Thembiso

Hierdie deurgangshuis word tans deur ons Langeberg Kampus in Langeberg Heights, Durbanville bestuur. Babas wat gegee word vir aanneming of wat verwerp word, word hier geplaas totdat die proses van aanneming afgehandel is. Vandat Thembiso in 2007 begin het is daar al letterlik honderde babas geplaas.

 

Somerset Wes Polisiestasie

Ons het in 2018 hier betrokke geraak deur herstel-en verfwerk vir hulle te doen. Die tuin is ook opgeruim en mooi gemaak. Baie van ons gemeentelede het hand bygesit en ons wil steeds ondersteuning gee aan die personeel en sodoende ook seker maak dat ons die impak van die Kerk van Jesus Christus beleef buite die ‘’kerkmure’’.

 

ARK – Acts of Random Kindness

Hierdie projek is presies wat sy naam sê: Acts of Random Kindness. Dit gebeur op geleenthede wat opduik en waar ons ervaar ons ‘n bydrae of inset wil lewer.   Ons sal jou gedurig op hoogte hou van ons ARK uitreike.

 

HOPE (Help Our People Eat)

Wanneer mense in finansiële nood verkeer is ‘n kospakkie darem ‘n baie goeie ding. Ons evalueer elke geval en raak op die meriete van die geval betrokke.

 

TREE (Transforming our Educational Environment)

Ons glo sterk in belegging in ons jongmense en daarom is die terrein van die opvoedkunde vir ons baie belangrik. Doxa Deo Helderberg het tans skolewerkers wat by skoolhoofde, personeel en leerders betrokke is en ons wil steeds meer op hierdie gebied doen.

Ons is ook betrokke by Laerskool Danie Ackerman op verskeie maniere.

 

Vir verdere inligting kontak ons by [email protected]