Meer Oor
Helderberg
Kampus
WAT LEEF IN DIE HART VAN DOXA DEO
Doxa Deo Helderberg is deel van ‘n groter familie wat passievol is oor God en mense. Ons droom is om stede te verander na plekke waar God regeer. Ons doen dit deur ons passie vir God uit te leef in ons gemeenskap, ‘n impak te maak by ons werksplekke en behoeftes in die gemeenskap aan te spreek. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hul wêreld. Ons noem onsself ‘ City Changers’ wat God ken, mense liefhet en die wêreld impakteer met die waarheid van Jesus Christus.
Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus Christus in al hierdie sektore sigbaar word.
Doxa Deo, ons is ‘n Familie op Missie!!!
Waar en wanneer
Sondag Dienstye
Oggenddienste
08:30
10:15
AANBIEDING TAAL
Afrikaans
Afrikaans
Doxa Deo Ouditorium
Melcksloot Village
Cnr. De Beers and Rees Ave
Somerset West
Cape Town
7130
AANLYN KERK I Besoek gerus ons Facebook en Youtube kanaal vir Aanlyn Preke
Hoe word ek deel?
Hoekom Vennootskap?
Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners van ons dienste om in te skakel by die verhoudings en aktiwiteite en missie van ons gemeente. Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus bv ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korinthiërs 3:9 dat ons mederwerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan. Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld.
Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd en ons energie en ons finansies die Here se koninkryk vestig orals waar ons funksioneer.
Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.
Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus sterk te maak.
Belegging: Ons wend ons finansiële vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.
Hoe word ek 'n Vennoot?
Kontak gerus ons kampus kantoor om in te skakel by ons Nuwe Vennote proses. Daarna vat ons jou graag na ons dissipelskap prosesse sodat jy jou plek in die liggaaam van Jesus kan vind en jou roeping so saam met ons uitleef.
Kontak Lindie du Plessis op [email protected]
om in te skakel.
Oor Ons Personeel
Kerk is soveel meer as ‘n diens oor ‘n naweek. Vir ons is dit oor ‘n verbinding met ander
mense, groei in jou geloof, en die bou van ‘n sterk fondasie vir jou gesin. Die missie van elke personeellid by Doxa Deo is om te sien hoe elke mens wat in Jesus glo, deel uitmaak van ‘n gesin, besig om dissipels te maak, en te bou aan God se Koninkryk.
Ons Span
Hennie & Antoinet Viviers
Kampusleiers
Irma Louw
Kampus Bestuurder, Kaapstad