Toerusting

Doxa Deo wil ons vennote inspireer en toerus na volwassenheid in Christus. Die doel van alle opleidingsgeleenthede is dat transformasie op vele vlakke sal plaasvind.  Mag vennote gevolglik die kwaliteitslewe ervaar wat God vir hulle beoog het toe Hy in Genesis 1:26 gesê het: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers…” Dit word ook bevestig deur die woorde van Jesus toe Hy in Johannes 10:10 gesê het: “…Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”


HUWELIKSBEDIENING

  • Huweliksvoorbereiding
  • Huweliksverryking
  • Huweliksberading

 


City Changers Equiping Program (CCEP)

Helderberg Kampus bied elke kwartaal ‘n verskeidenheid van kursusse aan. Hou ons kalender dop vir datums of kontak Antoinet Viviers vir meer inligting.


1. CITY CHANGERS Toerustingsprogram

Hierdie sluit in alle kort kursusse wat plaaslik by ons kampus aangebied word. Hierdie kursusse is spesifiek vir ons vennote wat hulself beter wil toerus in ‘n spesifieke area van transformasie.


2. CITY CHANGERS Bedieningsprogram

Hierdie is die primêre CITY CHANGERS opleidingsprogram van die Doxa Deo familie. Hierdie twee-jaar-kontakkursus is gebou rondom bediening, lewensvaardigheid en leierskapsontwikkeling. Vir meer inligting hieroor kontak [email protected]

Vir formele akademiese opleiding kontak [email protected]

Kontak Informasie

Doxa Deo Helderberg

069 737 6074

Vir enige ander kommunikasie kontak vir Jean-Pierre Smit: [email protected]