Die fokus van ons Life Centre is om mense te versorg in elke area van hul lewe. Ons doel is om ons vennote (lidmate) asook mense buite die gemeente te bedien, en dus ‘n impak in ons omgewing te hê.

Ons bied die volgende dienste aan :

 

Soul Care

  • Hierdie is nie tradisionele berading nie, maar eerder begeleiding na heelheid in verhouding met die Here. Ons stel fasiliteerders beskikbaar om persone hierin te ondersteun.

  • Berading/Ondersteuning word aanbeveel wanneer een-tot-een gesprek nodig is. Life Groups (Selgroepe) is steeds ons primêre lyn van versorging.

      Kontak Ronnellie van der Merwe 072 636 4092 of Epos: [email protected]

 

Divorce Care 

Hierdie bediening is gerig tot persone wat deur ‘n egskeiding gaan. Dit behels gesprekke asook kursusse wat ten doel het om sulke persone by te staan.

Ons verstaan ook die trauma wat kinders deurgaan a.g.v. egskeiding. Derhalwe word daar gekyk na bediening na hulle toe.

Kontak gerus vir Ronellie van der Merwe 084 902 4273 indien jy behoefte het aan so kursus.

 

Ondersteuning

  • Professioneel d.m.v. Called Ones (Mense wat in die kampus (gemeente) is en betrokke wil wees by die nood van ander bv. dokters, sielkundiges, finansiële adviseurs, ens.

  • Verslawing (Enige vorm daarvan) 

  • HOPE (Help Our People Eat)

      Voorsiening van kospakkies en ander hulp soos benodig.

  • Traumaberading & Palliatiewe Sorg
  • Kunsterapie  

KONTAK INFORMASIE

Ronellie van der Merwe

084 902 4273