Golf Day
GO Span
Afgetredenes
bediening
Die GO Span, is ‘n groep afgetredenes, wat elke tweede Dinsdag om 10h00, by die Kerk ontmoet; vir Bybelstudie of ‘n bespreking van ‘n toepaslike onderwerp.
Twee aktiwiteite waarby ons betrokke is:
Mentors van Crossroads Prison Ministry (CPM)
Hier ontvang die mentor, na persoonlike keuse, weekliks een of meer lukrake gevangen se weeklikse werkstukke, om dit teen ‘n model antwoord te merk. Die werkstuk word dan geëvalueer teen vasgestelde standaarde. Die mentor skryf dan ‘n een-bladsy brief van bemoediging aan die gevangene.
Waar die projek uitstekend by ons pas, is die feit dat mentors enige tyd kennis kan gee om tydelik nie werkstukke te ontvang nie weens ander verpligtinge.
Strand sorg uitreiking na Huis Pam Brink
Elke alternatiewe week word een of meer, na jou keuse, bejaardes in Huis Pam Brink besoek. Die bejaardes word permanent aan die vrywilliger toegeken.
As mens geforseer word om jou bekende omgewing te verlaat is dit emosioneel dramaties. Baie ou mense word verder deur hul kinders en familie afgeskeep, as gevolg van afstand, werksdruk en ander verpligtinge. Hulle waardeer enige kuier.
Kontak Informasie
GO Span kommittee:
Mauritz vd Merwe
073 623 3376
Celesté van Zijl
083 306 1717
Charles Norman
082 807 2797