Ons bedien kinders tydens albei dienste wat onderskeidelik om 08h30 en 10h15 plaasvind. Ons bedien drie groepe nl.

 – Voorskool

 – Graad 1 & 2

 – Graad 3 & 4

 – Pre-Teens (Graad 5 – 7)

By Doxa Deo Kids poog ons om elke kind op sy vlak te bedien. Ons besef dat ons besig is om hierdie kinders se konsepte oor God en Sy kerk te vorm en daarom wil ons hulle help om God en Sy hart op ‘n prettige manier te leer ken. Ons leer hulle op ‘n kreatiewe manier om die Bybel relevant in hulle lewens te maak.

Ons passievolle personeel beskou dit as hulle roeping om die kinders weekliks vanuit ons vooraf uitgewerkte kurrikulum te bedien.

Ons is so lief vir ons kinders en dis so lekker om ‘n positiewe bydrae in hul lewens te kan maak.

Kontak gerus vir Anya Le Roux vir meer inligting.

Anya Le Roux - [email protected]