Ons is 'n

familie op missie

Hoe woon ek by?

In-Persoon

WOON ONS IN PERSOON DIENSTE BY ELKE SONDAG 8:00 │ 10:00 │ 17:30 & 19:00

Aanlyn

KYK ONS AANLYN DIENSTE OP ONS YOUTUBE-KANAAL ELKE SONDAG 8:00 & 17:30

ONS BEDIENINGE

Hoe raak ek deel?

Soos in die Hemel, so ook op die aarde.

By Doxa Deo Moot glo ons dat God se Koninkryk hier op aarde sigbaar kan word deur ons dade, liefde en geloof. Ons jaar tema, “Soos in die Hemel, so ook op die Aarde,” is ‘n uitnodiging om die hemelse werklikheid in ons daaglikse lewens te reflekteer en te leef. Hierdie tema resoneer sterk met die woorde van Habbakuk 2:14: “Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here, soos die waters die seebodem bedek.”

Ons jaar tema is ook verweef met die boodskap van Hoop. In ‘n wêreld gevul met onsekerheid en uitdagings, kies ons om te fokus op die sekerheid en die beloftes van God se Koninkryk. Deur te bid, te dien en in liefde uit te reik, streef ons daarna om ‘n baken van hoop te wees, wat God se heerlikheid weerspieël en die goeie nuus van Sy verlossing verkondig.

Praat met Ons