WAT LEEF IN DIE HART
VAN DOXA DEO

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld.

Ons vennote word ‘City Changers’ genoem, want dit is wat ons gemaak is om te wees! Ons ‘City Changers’ staan in intieme verhouding met God, is lief vir die mense rondom hulle en maak ‘n bywende impak in die wêreld.

Knowing God, Loving People, Impacting my World

Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.

'n Familie op Missie!!!

Waar en Wanneer?

OUDITORIUM  | 8:00, 10:00, 18:00
AANLYN KERK | Sien ons YouTube kanaal / Sien “Kyk Aanlyn” knoppie

Sondag Dienstye

Oggenddienste

08:00

10:00

AANBIEDING TAAL

Afrikaans

Afrikaans

AANDDIENSTE

17:30

19:00 (tienerdiens)

AANBIEDING TAAL

Afrikaans

Afrikaans

Hoe word ek deel?

Hoekom Vennootskap?

Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners na vennote wat ‘n integrale rol in ons gemeente en gemeenskap speel en ingekoop is in die Doxa Deo droom en visie.

Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus bv ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korinthiërs 3:9 dat ons mederwerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan. Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld.

Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd en ons energie en ons finansies die Here se koninkryk vestig orals waar ons funksioneer.

 

Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.

Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus strek te maak.

Belegging:
Ons wend ons finansiële vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.

Hoe word ek 'n Vennoot?

Kontak ons gerus om deel te neem aan ons Nuwe Vennote proses, Omitafel, waar ons lekker saam gaan kuier, die hart en missie van Doxa Deo deel, asook blootstelling gee aan die verskillende bedieninge by ons kampus.

Kontak Ons!

060 998 7192 / 060 998 7196

of

[email protected]

Praat met Ons