Life Centre

EK GAAN DEUR ‘N MOEILIKE TYD

As jy deur ‘n moeilike tyd gaan wil ons jou graag met bemoediging of gebed ondersteun. Ons kan ook verwys na beraders soos nodig. Ons is elke Sondag na elke diens beskikbaar by die gebedstasie, asook deur die week per afspraak. Kontak ons gerus deur na die “Praat met ons” skakel onder aan die webblad te gaan.

 

SOUL CARE

Soul Care is daarop gemik om by die wortel uit te kom van dit wat jou dalk kan verhinder om in intieme verhouding met die Vader, Seun en Heilige Gees te staan.

Soul Care is nie ‘n beradingsessie nie, maar ‘n tyd van begeleide interaksie met die Vader, Seun en Heilige Gees ter Wille van heelheid en vryheid.


Hierdie proses help ook om nodige vesting en vergifnis van jou verlede aan te spreek.

 

 

HOPE

(Help our people eat)

Is ‘n projek waar ons vennote ondersteun met
kospakkies vir ‘n tydperk totdat hulle weer op hulle voete is.

Hierdie proses vat hande met ons KeyConnection proses,
waar ons die persoon help om weer so spoedig as moontlik
in die werksomgewing te kom.

 

 

Hersteldinamika

Hersteldinamika is ‘n proses wat geskryf is vir mense wat deur trauma, verlies van ‘n geliefde of egskeiding is en bestaan uit 3 dele:

Deel 1
Storms van die lewe is ‘n 6 weke genesingsproses wat in groep verband gefasiliteer word tussen mense met soortgelyke ervaringe.

Deel 2
Shape-Up is ‘n 3 weke proses waar ons jou op ‘n identiteit en-selfontdekkingsreis vat.

Deel 3
Prepare to decide help om jou die regte keuse en basis vir ‘n stabiele verhouding te laat ontdek, en om weer die lewe te kan aanpak met die regte toerusting.

 


Ouerskapsproses

Met soveel opines in verband met kinders en opvoeding bied ons vir enkelouers, nuwe ouers, of hersaamgestelde gesinne die geleentheid om te ontdek wat die Bybelse waardes rondom ouerskap te leer. 

Hierdie 4 weke proses sal jou help om ook in die volgende geslagte te kan voortbou.

Die ouerkapskursus is ook ‘n voorvereiste vir ons kindertoewydingsproses.




Seniors

Ons is ‘n familie kerk waar ons graag ruimte maak vir ons seniors ook.

Elke Woensdag om 10:00 tydens die skoolkwartaal kom ons bymekaar om saam
om die Woord te kuier en lewe saam te deel.

Ons geniet verskeie bordspeletjies, doen van tyd tot uitstappies en besoek
ook ander seniors in tehuise in ons omgewing.

Alle seniors bo 55 is welkom!


Victory Kids

Victory Kidz Moot is ‘n kinder-en jeugsentrum waar kinders ‘n veilige tuiste vind. Ons word finansieel befonds en volgens wetgewing ondersteun deur die Department Sosiale ontwikkeling. Ons word ook ondersteun en begelei deur die AGS maatskaplike raad Umephi.
Victory Kidz Moot is ‘n tuiste vir 9 kinders. Ons vier reeds 10 jaar in die voorsiening om kinders in veiligheid en warmte te laat groei en ontwikkel.

Victory Kidz Moot

Wil jy meer weet?

Kontak Inligting

LIFE CENTRE

Irene Pienaar
[email protected]

Vir enige ander kommunikasie kontak ons by: [email protected]

Praat met Ons