Looking for Doxa Deo Midstream's English Site?

Uitreik

BESTAANDE KAMPUS PROJEKTE

KI-DEO

KI-DEO is ons kinderhuis waarvoor Midstream kampus verantwoordelikheid opneem. Tans is daar 10 kinders in die huis en die maandelikse bedryfsuitgawes is R60 000.

Besoek hulle Fecebook blad HIER.

POPUP

Die fokus van POPUP is om die agtergeblewe gemeenskappe op te hef deur “Life Skills” en vaardigheidsprogramme. Sedert 2006 tot vandag is 8300 mense opgelei.

Besoek POPUP se Facebook blad HIER. 

FEED.PLAY.LOVE

Hierdie program is geloots om kleuterskool juffrouens in die omliggende informele nedersettings op te lei. Van 2016 tot nou is 250 juffrouens opgelei en sodoende 6000 kinders se lewens geraak. Ons vertrou om 100 juffrouens in 2021 op te lei.

Sien meer hieroor deur HIER te druk. 

TREE

Ons het ‘n droom om te sien hoe skole in ons omgewing ‘n plek sal wees waar kinders holisties kan groei in elke fasset van hulle lewens. Ons doen dit deur ‘n span van skolewerkers in skole in te plaas om te fokus op fisiese en geestelike groei asook saam droom oor die visie van die skool.

Vir meer inligting kliek 

SNAPCHURCH

In samewerking met Judea Harvest bou ons kerke en ondersteun ons die plaaslike predikante in ons omliggende omgewing. Snapchurch was betrokke by die bou van 17 kerke in die afgelope 4 jaar.

Jy kan ‘n ¼ van ‘n Snapchurch sponsor vir R50 000.

Druk HIER om by te dra. 

HOPE – GESINSONDERSTEUNING

HOPE (Help Our People Eat) is Doxa Deo Midstream se versorgingsprogram vir vennote wat deur korttermyn finansiële uitdagings gaan.

Ons verskaf aan die gesinne kospakkies, liefde, bystand deur gebed en gee ook finansiële opleiding (leiding om finansies reg te bestuur).

Jy kan betrokke raak deur een maal ‘n kwartaal ’n finansiële bydrae te maak vir een gesin se kospakkie ter waarde R500.

Druk HIER om ‘n bydra te lewer. 

Vir enige ander kommunikasie kontak vir Annelize: [email protected]

Praat met Ons