Looking for Doxa Deo Midstream's English Site?

Life Centre

Life centre noodnommer: 073 602 2357

Die rede vir Doxa Deo Life Centre se bestaan is tweeledig: Aan die een kant is die Life Centre daar om vennote van Doxa Deo wat uitdagings in hulle lewe beleef, te ondersteun en te begelei tot genesing.  Aan die ander kant bied die Life Centre ‘n geleentheid om uit te reik na mense buite die kerk, wat nie meer weet waar om antwoorde te kry nie.

Die Life Centre beskik oor ‘n span opgeleide beraders, coaches en terapeute wat hulleself beskikbaar gestel het om die mense wat deur die Life Centre verwys word, te bedien. Daar is ook talle mense wat as ondersteuners opgelei is om mense by te staan wat deur ‘n moeilike tyd gaan.

Die VOICE sentrum is ons kinderberading sentrum, wat spesifiek gerig is om kinders in ons omgewing te bedien wat deur trauma of enige ander uitdagings geraak word. Daar is ‘n span goed opgeleide kinderterapeute wat ingekoop is in ons Life Centre droom.

Daar is ook ‘n “Buddy” sisteem waartydens ‘n egpaar wat huweliksuitdagings beleef gekoppel word met ‘n ander egpaar in ‘n gesonde huwelik om saam met hulle ‘n pad van genesing te stap.

Die Life Centre bied ook gereeld kursusse aan waartydens mense opgelei kan word as ondersteuners en beraders.

Kontak vir Annelize as jy hulp nodig het of betrokke wil raak by die Life Centre.

Kontak ons Life Centre span: [email protected] 

Praat met Ons