Life Centre
Life centre nommer: 073 602 2357
Die rede vir Doxa Deo Life Centre se bestaan is tweeledig: Aan die een kant is die Life Centre daar om vennote van Doxa Deo wat uitdagings in hulle lewe beleef, te ondersteun en te begelei tot genesing. Aan die ander kant bied die Life Centre ‘n geleentheid om uit te reik na mense buite die kerk, wat nie meer weet waar om antwoorde te kry nie.
Die Life Centre beskik oor ‘n span opgeleide beraders, coaches en terapeute wat hulleself beskikbaar gestel het om die mense wat deur die Life Centre verwys word, te bedien. Daar is ook talle mense wat as ondersteuners opgelei is om mense by te staan wat deur ‘n moeilike tyd gaan.
Ons bied ook gereeld kursusse aan wat mense toerus met lewensvaardighede op hul pad na heelwording.
Bemoediging
Dit bestaan uit vrywilligers wat ‘n hart het vir mense en ‘n passie vir versorging en herstel. Ons bemoedigers word toegerus om te dien in ‘n ondersteunende hoedanigheid.
Berading
Opgeleide vrywilligers sowel as geregistreerde beraders wat formele opleiding in berading ontvang het, dien in ‘n begeleidings-hoedanigheid. (Sluit in huwelike, kinders, tieners, verslawing, ens.) Beradingsessies word deur ons kantoor geskeduleer.
Kontak ons Life Centre span: [email protected]